AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Geleenthede wink vir alternatiewe proteïene in Afrika

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
'n Hamburger met alternatiewe proteïene. Foto: Beyond Meat
'n Hamburger met alternatiewe proteïene. Foto: Beyond Meat
Jong mense in Afrika is gretig om plantgebaseerde proteïenprodukte te beproef en dit beteken daar is ook 'n geleentheid in laerinkomstelande vir alternatiewe proteïene.

’n Studie uitgevoer deur die Amerikaanse North Mountain Consulting Group en die Suid-Afrikaanse Credence Institute, het gevind dat gebruikers in Kenia, Nigerië en Egipte geneë sal wees om plantgebasseerde proteïenprodukte voor te sit. ’n Vorige studie deur die twee organisasies het ’n soortgelyke bevinding onder Suid-Afrikaanse jong mense gemaak (bit.ly/3PUExpW).

“Daar word verwag dat die verbruik van vleis in die komende dekades aansienlik sal toeneem in verskeie Afrikalande, wat ernstige gevolge kan inhou vir dierewelstand, voedselsekerheid, openbare gesondheid en die omgewing.” sê mnr. Moritz Stumpe, ’n navorser by die Credence Institute.

“Die hoë vlak van ontvanklikheid vir plantgebaseerde, gekultiveerde en hibriede produkte dui op ’n geleentheid om die afhanklikheid van konvensionele vleis te verminder, en openbare gesondheid, die omgewing en dierewelstand te verbeter,” sê dr. Keri Szejda, hoofnavorser van die North Mountain Consulting Group.

“Ons werk in Kenia, Nigerië en Egipte het gevind dat plantgebaseerde proteïen en ander alternatiewe proteïene kan help om van die effekte te versag, aangesien verbruikers gereed is om die produkte te aanvaar,” voeg Stumpe by.

Altesaam 3 654 deelnemers tussen die ouderdomme van 18 en 39 van Egipte, Kenia en Nigerië het aan die opname deelgeneem, met ’n eweredige verspreiding tussen die ouderdomme en geslagte.

Altesaam 80% van alle Keniane, 76% van Nigeriërs en 62% van die Egiptenare het aangedui dat hulle plantgebaseerde proteïenprodukte sal beproef.

Die kans dat een van die deelnemers die produkte in hul winkelmandjie sou laai, was ook redelik hoog, met 72% van die Keniane, 62% van Nigeriërs en 46% van Egiptenare wat die keuse sou maak.

Gekweekte vleis

Deelnemers was minder bekend met gekweekte vleis, maar die aanvaarding daarvan was steeds redelik hoog, met 56% van die Keniane, 59% van die Nigeriërs en 42% van die Egiptenare wat gereken het hulle sou ’n happie daarvan neem.

Die aanvaarding vir hibriede produkte, wat ’n kombinasie tussen plantgebaseerde en gekweekte vleis sou bevat, het tussen die twee opsies se bevindinge geval.

Bekendheid met die produk, en gesondheids- en voedselsekerheidsredes was die grootste redes vir die keuse om die produk te koop.

Die voedingswaarde, smaak en koste was die belangrikste eienskappe wat die verbruikers in ag sou neem vir die plantgebaseerde produkte se eienskappe.

“Die belangrikste faktor vir ons deelnemers was dat die produkte op ’n bekostigbare manier aan hul voedingsvereistes voldoen sonder dat smaak ingeboet word,” sê Stumpe.

Gebruikers wat reeds ’n proesel van die produkte gehad het, sou dit by die huis aangedurf het, en is hoofsaaklik aangemoedig deur vriende en familie.

In ’n toekomsscenario waar plantgebaseerde, gekweekte en konvensionele vleis ewe beskikbaar sou wees en dieselfde prys en smaak het, sou die helfte van Egiptenare, twee derdes van Nigeriërs en driekwart van Keniane steeds gewone vleis gebruik.

Ontluikende markte

Laerinkomstelande bied dus die geleentheid as belangrike mark vir alternatiewe proteïene, met geleenthede wat veral in Kenia wink.

Aangesien vleis in Nigerië in informele markte gekoop word, kan die nodige infrastruktuur vir die verkope van alternatiewe opsies problematies wees, maar weens die hoë vleisverbruik moet dié land juis oorweeg word, meen die navorsers.

Hoewel Egipte minder geneë is oor die alternatiewe opsies, glo die navorsers dat die meer algemene gebruik van supermarkte vir vleisaankope voordelig sal wees vir die aanname van plantgebaseerde proteïenopsies in die land.

Beskikbaarheid

Vleisalternatiewe in die betrokke lande is nog betreklik nuut, met beskikbaarheid wat nog beperk is, anders as in Europa en Noord-Amerika, verduidelik Stumpe. “Maar daar is baie potensiaal en momentum.”

Volgens Stumpe is bekendheid met die produkte een van die struikelblokke in die gebruik daarvan in die lande.

“In Nigerië het 43% van die deelnemers nog nooit van plantgebaseerde proteïene gehoor nie, en dit was slegs vir mense tussen 18 en 39, met meer mense in die ouer groepe wat nog nie van die produkte gehoor het nie.”

In Egipte, met ’n groter Moslembevolking, kan geloof ’n rol speel, met voedselitems wat halaal-gesertifiseer moet word. Dit sal in ag geneem moet word tydens bemarking.

In Egipte is opsies vir vleisalternatiewe steeds betreklik nuut, maar daar is reeds restaurante en maatskappye wat opsies soos vleislose hamburgers aan gebruikers bied, lui ’n berig in Ahram Online in 2020.

Veganistiese produkte

Alternatiewe opsies soos veganiskaas of plantgebaseerde burgers in Egipte is steeds duur, maar veganistiese produkte is ál meer in supermarkte beskikbaar, met nagemaakte vleisprodukte wat gewilde word en reeds deur nisrestaurante en maatskappye aangebied word.

Infinite Foods, ’n maatskappy in Afrika wat alternatiewe proteïenprodukte aan die mark verskaf, het in 2021 onder meer van die plantgebaseerde maatskappy Beyond Meat se produkte in Kenia begin versprei. Daar is egter verskaffingsprobleme met die produkte. Die Nigeriese maatskappy VeggieVictory, wat alternatiewe proteïenprodukte vir die Afrikamark ontwikkel, beoog ook om produkte na Kenia te versprei.

In Nigerië is daar reeds twee plaaslike maatskappye, Chi Farms en VeggieVictory, wat veganistiese produkte verskaf. VeggieVictory produseer produkte op kommersiële skaal en word in 60 supermarkte in Nigerië gevind, en het ook reeds finansiering van Amerikaanse en Britse beleggers ontvang.

“Die skuif deur Infinite Foods, ’n leiermaatskappy in hul veld, en die beleggings in VeggieVictory is twee wonderlike voorbeelde van die potensiaal en momentum rondom plantgebaseerde proteïene in Afrika, veral in Kenia en Nigerië,” sê Stumpe.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.54
+0.1%
Rand - Pond
21.57
+0.1%
Rand - Euro
18.48
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.92
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Goeie
Goeie sin vir himor, baie eerlik, hou van die bosveld dan die see en wil net mens wees. en lewe nie alleen oud word Nie.
Kom ons kyk wat wag
Ek is opreg met n goeie hart maar kan lekker Hardkoppig wees. Ek aan vaar ook iemand nes hulle is moet nooit iemand verander nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot