Mnr. Lennox Plaatjies, nasionale skakelbeampte van SA PALS, het by navraag gesê die organisasie, ’n grondhervormings-en-bemagtigingsinisiatief, verwelkom die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling se onlangse herbekendstelling van die program, in vennootskap met die Land Bank, maar is bekommerd oor amptenare se rol.
Amptenare is betrokke omdat die finansiering deels uit ’n nie-terugbetaalbare staatstoekenning bestaan en deels uit ’n lening.
Plaatjies sê die sukses van die jongste weergawe van die program gaan grotendeels afhang van die praktiese inwerkingstelling op grondvlak in die verskillende provinsies.