AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9774
0,00
CORN
30 Mrt
-
4642
0,00
SOYA
30 Mrt
-
8220
0,00
SUNS
30 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
30 Mrt
-
6630
0,00
WMAZ
30 Mrt
-
3950
0,00
YMAZ
30 Mrt
-
4027
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Gemengde finansiering lê steeds by Land Bank

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Theuns Botha
Foto: Theuns Botha
Die ooreenkoms tussen die regering en die Land Bank in terme van gemengde finansiering is steeds in plek.

Die ooreenkoms wat die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling met die Land Bank aangegaan het om gemengde finansiering te bied, is steeds staande ondanks likiditeitsprobleme wat die bank verhinder om nuwe kliënte aan te neem sedert die finansieringskema in Maart verlede jaar weer in werking getree het.

Die tesourie het verlede jaar R10 miljard bewillig wat oor drie boekjare oorbetaal sal word om die bank met sy likiditeitsprobleme te help. Die staat wil sien dat die bank sy mandaat belyn sodat hy meer toegespits is daarop om opkomende swart boere te ondersteun, asook in besonder vroue en jong mense, om seker te maak dat die ekonomiese aktiwiteit sowel as die markaandeel van swart mense in die landbou-ekonomie kan toeneem.

Mnr. Mothusi Montwedi, EFF-LP, het in ’n parlementêre vraag aan me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, gevra watter vordering gemaak is met die toepassing van gemengde finansiering om swart boere te help vorder tot kommersiële produksie. Pres. Cyril Ramaphosa het in 2019 aangekondig dat R5 miljard oor die mediumtermyn-bestedingsraamwerk (MTBR) begroot is vir gemengde finansiering.

Didiza het aangedui dat die bank nuwe transaksies vir gemengde finansiering sal ondersteun wanneer hy sy probleme opgelos het.

Ondersteuning

Gedurende die konsepfase van die finansieringskema in die 2018-’19-boekjaar, het die bank verband- en produksielenings van meer as R165 miljoen toegestaan vir onder meer suikerriet in KwaZulu-Natal, vee in die Noord-Kaap, gewas en veeboerdery in Mpumalanga, hoender-, bees, gewas- en veeboerdery in Noordwes en ook hoenderboerdery in Gauteng. Hierdie bedrywighede het altesaam 88 voltydse werke geskep en is steeds in bedryf.

Didiza dui verder aan dat die nywerheidsontwikkelingskorporasie (IDC) gemengde finansiering, nadat die skema in Maart 2021 weer in werking getree het, begin toepas het. Die departement het R200 miljoen na die IDC oorgeplaas. Die departement het onderneem om R1 miljard in vyf jaar aan die IDC te bewillig, terwyl die IDC R4 miljard sal bydra. Teen einde September 2021 het die IDC finansiering van altesaam R260 miljoen goedgekeur waarvan net meer as R182 miljoen ’n lening en R78 miljoen ’n toelae is wat vyf bedrywe sal ondersteun. Altesaam 128 voltydse werksgeleenthede is sodoende geskep.

Verder word 25 transaksies beplan met R2 miljard se lenings en R500 miljoen se toelaes wat meer as 1 200 voltydse werke sal skep. Die kommoditeite wat ondersteun word, is hoender, bees, vark, tuinbou, landbouverwerking en bosbou. Die departement het ook R300 miljoen van die tesourie se werkfondsprogram ontvang wat aangewend word om kleinskaalse boere tot kommersiële skaal te laat groei. Hierdie ondersteuningsprogram, wat om die helfte ’n lening en ’n toelae is, is begin in die tyd toe die gemengde finansieringsprogram tydelik deur die Land Bank opgeskort is om te verhinder dat onder meer staatsamptenare daarom aansoek doen.

Geld van die werksfonds, waarvoor die departement R300 miljoen bygedra het, is aangewend om 108 kleinskaalse produsente te ondersteun. Die departement het die Land Bank as die kredietverskaffer vir die werksfonds aangestel.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.12
-0.1%
Rand - Pond
22.31
-0.0%
Rand - Euro
19.64
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.11
-0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.3%
Platinum
966.40
+0.7%
Palladium
1,441.31
+1.7%
Goud
1,961.09
-0.2%
Silwer
23.37
+0.2%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
70,865
0.0%
Alle aandele
76,480
0.0%
Hulpbronne 10
66,658
0.0%
Industriële 25
103,311
0.0%
Finansiële 15
15,614
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na liefde
Ek is eerlike opreg en weet hoe om ' n dame spesiaaal te laat voel. Ek hou ook van buite lewe en avontuurlustig
Kom ons skryf ons eie roman
Wel ek hou van baie lag, dus vriendelik. Ek is energiek en wil nog die lewe geniet. Hou van stap en soms oefen as tyd dit toelaat. Hou van die buitelewe en natuur. Geniet dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot