AFGRI
BEAN
20 Me
-
9822
0,00
CORN
20 Me
-
4913
0,00
SOYA
20 Me
-
8967
0,00
SUNS
20 Me
-
10776
0,00
WEAT
20 Me
-
8308
0,00
WMAZ
20 Me
-
4576
0,00
YMAZ
20 Me
-
4700
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
06 Me
-
160,8
-7,25
Ave Wool - RWS
06 Me
-
174,68
-4,85
Beeste A2/3
06 Me
-
60,14
-2,17
Beeste AB2/3
06 Me
-
56,59
-3,15
Beeste B2/3
06 Me
-
52,44
-1,74
Beeste C2/3
06 Me
-
48,5
-0,86
Bevrore Hoender
06 Me
-
30,3
-0,79
Bokkies (onder 30 kg)
06 Me
-
56,61
-2,64
Bokooie
06 Me
-
42
-6,53
Groot (meer as 40 kg)
06 Me
-
46,33
3,12
Hoender (IQF)
06 Me
-
28,57
-1,01
Medium (30-40kg)
06 Me
-
49,21
-6,68
Pork Average
06 Me
-
26,81
-0,64
Poultry Average
06 Me
-
30,07
-0,70
Skaap A2/3
06 Me
-
94,59
-0,51
Skaap AB2/3
06 Me
-
78,32
-0,43
Skaap B2/3
06 Me
-
75,11
-0,40
Skaap C2/3
06 Me
-
70,66
-0,03
Speenkalf
06 Me
-
37,88
-0,38
Spekvarke
06 Me
-
27,28
-0,35
Stoorlammers
06 Me
-
46,33
-0,96
Varkwors
06 Me
-
21,26
-0,68
Vars Hoender
06 Me
-
31,34
-0,30
Vleisvarke
06 Me
-
26,75
-0,66

Gemengde gevoelens oor teken van meesterplan

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Theuns Botha
Foto: Theuns Botha
Terwyl Agri SA die ondertekening van die meesterplan vir die landbou en landbouverwerking verwelkom, betreur TLU SA dit dat dié organisasie die geleentheid ontneem is om ’n bydrae te lewer tot die daarstel van ’n ekonomiese landbouplan tot voordeel van alle boere.

Die ondertekening van die meesterplan vir die landbou en landbouverwerking is die hoogtepunt van jare se onderhandeling en konsensusbou regdeur die landbousektor, asook ’n bewys van die gesamentlike verbintenis tot die sektor se sukses en groei, sê mnr. Christo van der Rheede, uitvoerende hoof van Agri SA.

Volgens hom het Agri SA ’n aktiewe rol in die opstel van die meesterplan gespeel. Hy is trots op die resultaat. Hy meen die landbousektor het onder die leierskap van dr. John Purchase, voormalige uitvoerende hoof van die landbousakekamer Agbiz, ’n meesterplan geskep wat omvattende steun aan opkomende en kommersiële boere bied.

“Die plan neem ’n holistiese benadering tot die sektor en gee aandag aan verskeie kwessies: van grondhervorming en infrastruktuur tot werksomstandighede op plase en maatskaplike sekerheid vir werkers.”

Hy sê Agri SA is tevrede dat die begroting wat me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, gister ter tafel gelê het, van die kwessies in die meesterplan aanpak, veral die stand van Suid-Afrika se noodsaaklike infrastruktuur.

Agri SA het in April data oor die swak toestand van Suid-Afrikaanse paaie en die impak op die landbousektor bekend gemaak. Van der Rheede sê die organisasie is dus tevrede dat daar ingevolge die meesterplan R9,4 miljard vir die herstel en opknapping van infrastruktuur beskikbaar gestel word.

Hy sê die organisasie besef egter dat die meesterplan ’n teoretiese raamwerk is waaraan nog gewerk moet word. “Verskeie aspekte van die plan sal verdere bespreking en onderhandeling verg. Dit kan nie sonder verbintenis en samewerking behaal word nie. Ons is daartoe verbind om saam met almal wat die meesterplan onderteken het, asook belanghebbendes in die landbousektor te werk om te verseker dat die plan suksesvol toegepas word.”

Meesterplan ‘gestoomroller’

TLU SA betreur dit dat, ten spyte van verskeie versoeke aan belanghebbendes in die waardeketting, dié organisasie die geleentheid ontneem is om ’n bydrae te lewer tot die daarstel van ’n ekonomiese landbouplan tot voordeel van alle boere in Suid-Afrika.

Mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, sê die meesterplan is gestoomroller aangesien sekere ondernemings teenoor die organisasie nie nagekom is nie. “Transformasie is ’n kernfokuspunt, maar ná ’n jaar kry TLU SA steeds geen antwoorde oor wat dit behels nie. Vennootskappe word voorop gestel. Dit kan egter net plaasvind tussen partye wat albei bydra tot die verhouding en dit moet vrywillig wees.

“Die landbou is ’n ekonomiese proses en uiteindelik is ekonomiese markkragte die bepalende faktor vir volhoubaarheid. Dit wil voorkom asof die belanghebbendes heeltemal hiervan vergeet het, of hulle eenvoudig nie daaraan steur nie.

“As dit by grond kom, moet eerder gekonsentreer word op grond wat reeds op die mark is, en al die grond wat die regering reeds het. Dit moet dan gegee word aan nuwe toetreders wat bereid is om die verantwoordelikheid te aanvaar, en hulle ’n billike geleentheid gee om te kan boer. Deur net grond beskikbaar te stel, plaas mense in armoedeslagysters.”

Hy meen verskeie van die regering se vorige pogings om meesterplanne vir die landbou saam te stel was onsuksesvol omdat dit politieke en ideologiese planne pleks van ekonomiese planne was.

“Met die meesterplan kan niemand regtig sê wat die transformasie, waarna deurentyd verwys word, alles insluit nie. Wat ons tot dusver ervaar het, is ’n sterk sosialisties- en kommunistiesgedrewe agenda. Daar moet ook kennis geneem word van besprekingsdokumente waaroor op die ANC se konferensie besluit gaan word, soos dat wit boere grond moet skenk en kwessies soos onteiening sonder vergoeding.

“Die ideologiese aanslag op ons boere – wat TLU SA beskou as die grootste bate van die land – is onnodig. Daar kom genoeg plase op die mark wat nuwe toetreders kan opraap en gaan boer. As hulle die verantwoordelikheid aanvaar wat dit verg om te boer, sal die markkragte soos met enige ander boer bepaal of hulle suksesvol gaan wees. Heelwat meer behoort eintlik hieroor gesê te word. TLU SA is baie bekommerd dat hieruit met verloop van tyd dinge kan ontwikkel wat verdere onrealistiese en onnodige druk op die landbou gaan plaas.”

Landbou ‘nie prioriteit vir ANC’

Me. Tammy Breedt, VF Plus-LP, sê dit is duidelik nie vir die ANC-regering en die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling ’n prioriteit om na die landbousektor om te sien nie.

“Die departement het ’n agterstevoor benadering tot die aanpak van probleme en projekte. Grondhervormingsprojekte, die meesterplan vir die landbou en landbouverwerking, die cannabis-meesterplan en al sy fasette, die AgriSEB-fonds en die nasionale landelike jeugdienskorps (Narysec) is ’n paar voorbeelde van projekte wat nie van die grond af kom nie.”

Sy stem met TLU SA saam dat die ANC verkies om ideologiese pleks van ekonomiese planne te maak. Die verkeerde prioriteite kry voorkeur in die departement se begroting, terwyl belangrike programme onderfinansier word. “Die administrasieprogram het byvoorbeeld ’n groter begroting as die landbouproduksieprogram. Die doel van dié program is om toesig te hou oor veeproduksie, wildboerdery, diere- en plantgesondheid, natuurlike hulpbronne en rampbestuur.

“Dié program kry egter slegs sowat 14% van die totale begroting. Ten spyte van sy belangrike rol in die bevordering van landbouproduksie neem sy begrotingstoewysing af oor die raamwerk vir mediumtermynbesteding.

“Hierdie toedeling is ’n ernstige bron tot kommer gesien in die lig van onder meer die bek-en-klouseeruitbrekings wat tot ’n verbod op uitvoer gelei het. China, die grootste koper van Suid-Afrikaanse wol, het weens dié uitbreking die invoer van wol verbied. Die wolbedryf is ’n bedryf van R5 miljard en kan hierdie tipe verbod nie bekostig nie.”

Breedt sê instellings soos die Landbounavorsingsraad (LNR) word onderfinansier en onderbenut. Die departement gebruik eerder eksterne diensverskaffers. “Die navorsing van die LNR rondom klimaatsverandering, weerpatrone aan kuslyne en verskeie ander faktore kon gehelp het om die vloedramp in KwaZulu-Natal af te weer of die skade te beperk as die departement sy eie instelling vertrou het.

“Die ANC se verkeerde prioriteite is tot nadeel van voedselsekerheid en bedreig die toekoms van Suid-Afrika. Suid-Afrika en sy mense verdien beter as die ANC-regering.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.77
+0.7%
Rand - Pond
19.69
-0.0%
Rand - Euro
16.65
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.09
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,846.66
0.0%
Silwer
21.76
0.0%
Palladium
1,970.00
0.0%
Platinum
958.50
0.0%
Brent-ruolie
112.55
+0.5%
Top-40
61,000
-1.2%
Alle aandele
67,575
-1.0%
Hulpbronne 10
72,529
+1.6%
Industriële 25
72,948
-3.9%
Finansiële 15
15,746
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Geniet die natuur saam
Ek hou van sport kyk. Ek hou van die natural en om voels te kyk. Ek hou van vis vang en om te kamp. Ek hou van tuin maak en om chillies te groei en warm spouse te maak. Ek her n...
Opsoek na my Camping partner
Ek is spontaan , het baie lus vir die lewe . Ek geniet mense , en is altyd daar om te help , ek voel in my hart ek is "1 of a kind".
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot