Daar is wêreldwyd kommer oor die beskikbaarheid en bekostigbaarheid van voedsel weens die ontwrigting van die Covid-19-pandemie, veral by laerinkomstelande wat afhanklik is van aanvullende voedselinvoer.
Die Verenigde Nasies se Voedsel-en-landbou-organisasie (VLO) het pas ’n studiestuk bekend gestel met ’n ontleding van internasionale voedselmarkte ten opsigte van die beskikbare voedselvoorraad en die ontwrigting wat Covid-19 op markte en aanbodkettings het. Basiese graansoorte het op die oog af voldoende voorraad, maar heelwat ander bottelnekke.
Daar is wel kommer oor die beskikbaarheid van proteïenbronne. Die produksie van en handel in vleis en suiwelprodukte neem wêreldwyd af.