AFGRI
BEAN
02 Jun
-
9580
0,00
CORN
02 Jun
-
4677
0,00
SOYA
02 Jun
-
7767
0,00
SUNS
02 Jun
-
8137
0,00
WEAT
02 Jun
-
6670
0,00
WMAZ
02 Jun
-
3681
0,00
YMAZ
02 Jun
-
3802
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Georganiseerde landbou wil Didiza help met grondverdeling

akkreditasie
Me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling. Foto: GCIS
Me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling. Foto: GCIS
Die georganiseerde landbou moet toegelaat word om as waarnemers op te tree by die keuring van begunstigdes om seker te maak dat bedrog en korrupsie nie plaasvind nie.

Die African Farmers’ Association of South Africa (Afasa) rig hierdie versoek tot me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondsake en landelike ontwikkeling, omdat die departement hom gereed kry om 529 014 ha grond aan swart opkomende boere uit te deel.Dié grond is die res van die 896 plase of 700 000 ha staatsgrond wat die staat vir grondhervorming beloof het.

Agri SA het ook reeds daarop gewys dat die private sektor en die georganiseerde landbou ’n waardevolle rol kan speel met die kies van begunstigdes en die ondersteuning van sodanige begunstigdes, en gewaarsku dat gewaak moet word teen korrupsie.

Afasa voel die georganiseerde landbou se oorsigrol sal probleme oplos wat die departement in die verlede ervaar het toe staatsamptenare die deur vir bedrog en korrupsie oopgelaat het, want niemand het die begunstigdes se belange verteenwoordig nie. Die organisasie sê hy sal binnekort die kwessie van oorsig en deursigtigheid met Didiza opper.

Afasa sê hy sien uit daarna dat die grond uitgedeel word aan boere wat reeds boer en die grond verdien. Dit sal die druk op kommunale grond verminder, terwyl die grondkwessie vir kleinskaalse boere aangepak word.

Mnr. David Mthombeni, voorsitter van Afasa in Mpumalanga, benadruk dat dit nie die verantwoordelikheid van die staat is om nuwe boere te skep nie. “Daar is genoeg boere in alle distrikte met grond as hul grootste honger.”

VERDELING VAN GROND

Afasa waarsku dat die ondersoekproses waar die departement wil vasstel hoe mense toegang gekry het tot staatsgrond sonder formele toestemming van die departement, nie misbruik moet word om die bedrog en korrupsie te wettig in die gevalle waar grond toegeken is aan vriende, familie en diegene wat nie boere is nie, maar omkoopgeld betaal het om die grond te kry nie.

Waar gevind word dat die grond onwettig of bedrieglike wyse beset is en deur korrupsie bekom is, moet die gereg sy volle gang gaan.

Mnr. Nakana Masika, sekretaris-generaal van Afasa, doen ’n beroep op opkomende boere om aansoek om die staatsgrond te doen sodat voedselsekerheid, werksekerheid en armoedeverligting verseker kan word.

KUNDIGE BOERE VIR TOEKOMS

TLU SA sê ’n verantwoordelike staat sal bestaande landbou-organisasies betrek by die evaluering, toekenning en daarstel van die kriteria waaraan nuwe toetreders moet voldoen.

Suid-Afrika se landbougrond word as marginaal beskou vergeleke met ander produserende lande, sê mnr. Henry Geldenhuys, president van TLU SA. Dit is daarom belangrik dat die beskikbare landbougrond met groot oorsig benut word. Dit is noodsaaklik dat die beginsel van skaalekonomie toegepas moet word.

“Ons het vir die toekoms kundige boere nodig wat hul plase winsgewend in produksie moet kan hou. Die ANC se rekord van grondoordrag het in sy eie erkenning skaars landbougrond op groot skaal uit produksie gehaal. Dit plaas voedselsekerheid in die weegskaal.”

TLU SA voel dat as die regte ekonomies gedrewe benadering nie die kern van grondbenutting is nie, is dit bloot ’n politieke punte-insameling pleks van ’n volhoubare oplossing vir die welstand en vooruitgang van die land.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.51
+0.6%
Rand - Pond
24.30
+0.0%
Rand - Euro
20.93
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.90
-0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
1,003.50
0.0%
Palladium
1,420.36
0.0%
Goud
1,948.15
0.0%
Silwer
23.63
0.0%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,993
+1.9%
Alle aandele
77,126
+1.7%
Hulpbronne 10
70,299
+1.9%
Industriële 25
105,036
+2.0%
Finansiële 15
14,803
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin n nuwe kans
Ek is reguit eerlik op die man af. Loop nie draaie nie. Ek Hou van diere en suite lewe. Hou van naturuur. Besigtig natuur. Ek het Soos baie Ander ook seer gekry, wil n laaste...
Op soek na goeie opregte friendskap
Omdat ek n opregte ware vriend is ek is n baie sagte mens en vol liefde ek hou daar van om uit my pad te gaan vir my vriende
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot