AFGRI
BEAN
06 Feb
-
9862,8
194,80
CORN
06 Feb
-
4613
113,00
SOYA
06 Feb
-
9410
130,00
SUNS
06 Feb
-
11080
-15,00
WEAT
06 Feb
-
6761
60,00
WMAZ
06 Feb
-
4368
68,00
YMAZ
06 Feb
-
4444
54,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Gerrie Nel gaan neutdiewe help vasvat

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Adv. Gerrie Nel. Foto: Jasper Raats
Adv. Gerrie Nel. Foto: Jasper Raats
Die Suid-Afrikaanse makadamiakwekersvereniging (Samac) het by adv. Gerrie Nel van AfriForum se private vervolgingseenheid aangeklop om hulp met neutdiefstal.

Uit frustrasie met ’n oënskynlike laksheid om mense wat makadamiakwekers se neute in tonnemaat steel, in hegtenis te neem en te vervolg, het die Suid-Afrikaanse makadamiakwekersvereniging (Samac) by adv. Gerrie Nel van AfriForum se private vervolgingseenheid aangeklop om hulp.

Me. Lizel Pretorius, uitvoerende hoof van Samac, het op die organisasie se onlangse makadamiadag op Skukuza vertel dat daar die afgelope jaar geen makadamiadiewe verhoor is nie ten spyte van die harde werk wat sy en haar span by Samac se misdaadvoorkomingsafdeling gedoen het.

Nel sê dis ’n skande dat daar sedert 2020 geen inhegtenisnemings gemaak is nie ten spyte van die data en inligting wat Samac aan die Valke beskikbaar gemaak het nie. Die instelling het selfs toerusting en infrastruktuur vir die ondersoekeenheid gefinansier in die hoop dat dit tot vervolging sou lei.

Hy sê van maande se briewe en besprekings tussen Samac en die wetstoepassers het daar dadels gekom.

“Al wat hulle vir hul moeite gekry het was die gewone ou verskonings: ‘Die ondersoekbeampte het bedank’, ‘ons verwag om binnekort inhegtenisnemings te maak’, ‘die inligting rondom die ondersoek is te gevoelig om te deel’ en so hou dit aan sonder resultate.”

Nel gee toe dat dit ingewikkelde sake is en dat vervolging nie maklik is nie. “Ons sal omstandigheidsgetuienis moet gebruik om skuldigbevindings te kry, iets wat nie meer baie in ons howe gedoen word nie.”

Dit is egter nie onmoontlik nie, want daar is geen ander bronne van makadamianeute nie, sê Nel. Diewe kan dit net by kwekers steel en hulle kan dit net aan verwerkers verkoop. Die sleutel lê dus daarin om inligting met mekaar uit te ruil sodat ’n duidelike prentjie gevorm word van waar gesteelde neute opduik.

Sy kantoor beskik nie net oor regsgeleerdes nie, maar ook oor speurders wat die nodige ondersoeke kan doen om suksesvolle vervolging te verseker.

“Ons sal die bestaande sake nou met die polisie opvolg en ek glo daar is minstens twee sake waarin ons binnekort inhegtenisnemings en verhore kan verwag.” 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.61
-0.7%
Rand - Pond
21.23
-0.9%
Rand - Euro
18.96
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.16
-0.5%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Platinum
979.76
+0.6%
Palladium
1,592.32
-2.4%
Goud
1,873.18
+0.1%
Silwer
22.46
+0.5%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
73,659
-0.6%
Alle aandele
79,779
-0.6%
Hulpbronne 10
74,321
-1.2%
Industriële 25
103,168
-0.3%
Finansiële 15
16,464
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Standvastige, lewenslustige man
Ek is n rustige persoon wat nie van drama hou nie. Ek is lojaal, Sal jou laat lag en kan baie romantics wees. Ek is nie die grapjas of ou wat die meeste by n partytjie praat...
Kom ons gaan visvang en hang uit, geniet die lewe saam
Ek is vriendelike vrou en het 12jarige dogter. Was nog nooit getroud nie, graag wil ek geluk hê, en wil die lewe aanpak met iemand ek elke dag kan spandeer. Geld is niks in die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot