AFGRI
BEAN
15 Aug
-
8580
-88,00
CORN
15 Aug
-
4065
1,00
SOYA
15 Aug
-
8880
-23,00
SUNS
15 Aug
-
10583
136,00
WEAT
15 Aug
-
6847
-43,00
WMAZ
15 Aug
-
4283
-17,00
YMAZ
15 Aug
-
4357,2
11,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
05 Aug
-
59,93
-0,33
Beeste AB2/3
05 Aug
-
58,21
0,44
Beeste B2/3
05 Aug
-
54,93
-0,26
Beeste C2/3
06 Aug
-
48,03
-0,31
Bevrore Hoender
05 Aug
-
30,82
0,06
Bokkies (onder 30 kg)
05 Aug
-
72,23
-9,16
Bokooie
05 Aug
-
49,53
-11,74
Groot (meer as 40 kg)
05 Aug
-
43,62
0,97
Hoender (IQF)
05 Aug
-
30,05
0,21
Medium (30-40kg)
05 Aug
-
56,68
-4,81
Pork Average
05 Aug
-
25,32
-0,66
Poultry Average
05 Aug
-
30,8
0,10
Skaap A2/3
05 Aug
-
100,5
-0,06
Skaap AB2/3
05 Aug
-
87,24
1,74
Skaap B2/3
05 Aug
-
81,95
0,36
Skaap C2/3
05 Aug
-
78,01
0,45
Speenkalf
05 Aug
-
36,96
0,46
Spekvarke
05 Aug
-
27,25
-0,23
Stoorlammers
05 Aug
-
47,91
0,66
Varkwors
05 Aug
-
21,7
0,04
Vars Hoender
05 Aug
-
31,55
0,05
Vleisvarke
05 Aug
-
25,18
-0,61

Gesin op Harrismith-plaas vermoor

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Marieke Snyman
Ter illustrasie. Foto: Marieke Snyman
’n Tradisionele geneser is Saterdagoggend deur ’n grusame toneel begroet toe hy afkom op die lyke van vyf gesinslede op die plaas Toekoms by Harrismith.

Brig. Motantsi Makhele, Vrystaatse polisiewoordvoerder, sê die geneser het met sy aankoms by die huis gesien die deur is nie gesluit nie. Hy het ’n afspraak met mnr. Mgwenika John Twala (46), sy vrou, Sonto Selina Maloka (41), en hul drie kinders, Zama (20), Mfanafuthi Justine (17) en Nompumelelo Emily Maloka (6), gehad.

Hy het geklop, maar daar was geen antwoord nie. Nadat hy gewag het vir iemand om die deur oop te maak, het hy binnegegaan en ’n hand in die deur na die sitkamer sien lê. Hy het by die bure alarm gemaak en die polisie is na die toneel ontbied.

Die slagoffers het verskeie steekwonde gehad. Vermoedelik is die jongste kind ook verwurg. ’n Nadoodse ondersoek moet nog verrig word om die presiese oorsaak van dood vas te stel.

Volgens Makhele is die motief vir die moorde onbekend. Die moordenaars is nog op vrye voete.

Mnr. Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), sê die organisasie veroordeel die moorde ten sterkste. Volgens hom was die gesin een van verskeie wat op ’n plaas gewoon het wat deur die regering aan die begunstigdes van ’n grondeis toegeken is.

“Die voortbestaan van ’n veilige en volhoubare landbousektor is van deurslaggewende belang vir voedselsekerheid. Sulke wrede moorde word ten sterkste veroordeel en moet met die grootste erns deur die strafregstelsel beveg word.”

Mnr. Tommie Esterhuyse, vise-president van VL, sê die landbousektor kan nie sulke barbaarse optrede teen enige produsent, hetsy dit kommersiële, opkomende of bestaansboere is, hul gesinne en bewoners op plase toelaat nie.

Mnr. Jakkals le Roux, voorsitter van VL se landelike veiligheidskomitee, versoek alle boere om hulself te organiseer en deel te vorm van die landelike beveiligingstrategie en waar moontlik by strukture soos gemeenskapspolisiëringsforums in te skakel. “Dit is belangrik dat sulke gemeenskappe ook betrokke raak om die misdaadgolf in landelike gemeenskappe doeltreffend saam met die polisie aan te pak.”

Me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, sê in ’n verklaring sy is geskok deur die moord op die vyf gesinslede. Sy veroordeel die barbaarse daad en vra dat die gemeenskap die polisie moet help om die skuldiges te vind.

“Ek doen ook ’n beroep op die wetstoepassingsagentskappe om dag en nag te werk om wie ook al vir hierdie grusame daad verantwoordelik is, in hegtenis te neem.”

Enigiemand met inligting kan speurkapt. Boy Makubo by 082 332 3418 of die Stopmisdaadnommer by 08600 10111 kontak.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.40
-1.3%
Rand - Pond
19.83
-1.0%
Rand - Euro
16.73
-0.7%
Rand - Aus dollar
11.51
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-1.8%
Goud
1,780.60
-1.2%
Silwer
20.20
-3.0%
Palladium
2,157.50
-3.1%
Platinum
934.00
-3.3%
Brent-ruolie
98.15
-1.5%
Top-40
63,988
-0.0%
Alle aandele
70,709
-0.0%
Hulpbronne 10
63,353
-1.1%
Industriële 25
86,852
+0.3%
Finansiële 15
16,147
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons leer mekaar ken.......dan besluit ons
Rustige, ge-balanseerde, snaakse, betroubare, sagte, familie mens. Mal oor die buitelewe, foto's neem, 4x4 avonture, met my Land Cruiser Afrika tem, plaas seun, avontuur,...
Vrienskap/ geselskap met moontlikhede
Eerlike en probeer altyd positief wees. Hou van die natuur en probeer soveel as moontlik te oefen, draf en stap. Hou daarvan om te lag en die lewe te geniet.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot