AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
9998,4
-117,60
CORN
20 Mrt
-
4457,6
-43,40
SOYA
20 Mrt
-
8505
-103,00
SUNS
20 Mrt
-
9390
-248,00
WEAT
20 Mrt
-
6630
-41,00
WMAZ
20 Mrt
-
3950
-38,00
YMAZ
20 Mrt
-
4156
-27,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
0,00
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
0,00
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,00
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
0,00
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
0,00
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
0,00
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
0,00
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,00
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
0,00
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
0,00
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,00
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
0,00
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,00
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
0,00
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
0,00
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
0,00
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,00
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
0,00
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,00
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,00
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
0,00
Deel

Geslagsbepaalde semen: ’n Eerste vir skaapbedryf

akkreditasie
Die Ramsem laboratorium. Foto: Ramsem
Die Ramsem laboratorium. Foto: Ramsem
Tegnologie wat tot onlangs nog net vir die beesbedryf beskore was, is onlangs gebruik om die eerste Dormer-embrio’s ter wêreld te spoel wat met geslagsbepaalde semen bevrug is.

Semen van die ram NB180268 van die Nova Barletta Dormers van Clocolan in die Vrystaat is gebruik om vyf Dormerooie van mnre. Hendrik en J.D. Steyn van J.D. Steyn Dormers en Christo van der Merwe van Danarito Dormers, almal van Verkeerdevlei, te insemineer. Die Dormerskaapras se oorsprong is in Suid-Afrika.

“Net soos met die deurbraak van dr. Johan Steyn in die 1980’s toe hy laparoskopie na Suid-Afrika gebring het, het geslagsbepaalde semen die potensiaal om die kleinveebedryf te verander,” sê die maatskappy Ramsem.

Die Bloemfonteinse reproduksiespesialiste van Ramsem drs. Johan, Fanie en Thomas Steyn het met behulp van ST Genetics die eerste geslagsbepaalde saadsorteringslaboratorium in Suid-Afrika gevestig.

Die Dormerram is gekies vir sy hoë voeromsetting. Sy saad is danksy dié tegnologie verdeel in manlike (Y) en vroulike (X) spermselle.

Ramsem en nog ’n veeteeltmaatskappy, Absoulute Genetics, bied sedert April dienste aan Suid-Afrikaanse veeboere om geslagsbepaalde saad te koop of om hul eie teeldiere se saad te skei. Die diens kan gelewer word danksy beleggings van miljoene rande in ’n nuwe laboratorium en die diens word teen billike pryse aan die bedryf gebied. Klik hier om meer te lees oor die laboratorium.

Die vyf ooie wat geïnsemineer is, het elk van 5 tot 14 eerstegraadse embrio’s gelewer, waarvan 30 vroulik en 13 manlik was. Hierna is die embrio’s van die topskenkerooie gespoel en oorgeplaas in ontvangerooie. Die lammers van die embrio’s word teen September verwag, en daar heers groot opgewondenheid in die Dormergeledere, sê J.D. Steyn van J.D. Steyn Dormers.

ramsem
Die vroulike Dormer-embrio’s wat gespoel is. Foto: Ansie du Buisson, Ramsem

“Hierdie tegnologie kan die teling en genetiese vooruitgang van diere voortaan drasties verander . Nie net baat stoettelers hierby nie maar die produksie van stoorlammers asook die produksie van vroulik diere as vervangingsdiere in kuddes kan nou bepaal word,” sê Steyn.

Danksy die gebruik van die tegnologie kan skaapboere nou beter beheer kry oor hoeveel ram- of ooilammers in die kudde gebore word. Die gebruik van die tegnologie hang ook van die boer se teeldoelwit af.

“Die voordeel van vroulike spermselle is dat ’n teler sy kudde vinniger kan vergroot deur meer vroulike nageslag te kry as wat normaalweg moontlik is. Die genetiese vordering is ook aansienlik vinniger aangesien dubbel die hoeveelheid vervangingsooitjies beskikbaar is vir seleksie.”

Met manlike semen kan ’n teler ramme teel van ooie wat voorheen goeie ramme geteel het.

geslagbepaalde semen
Die dormerram NB 180269 van Nova Barletta Dormers van Clocolan in die Vrystaat is gekies weens sy hoë voeromsettingsvermoë, en sy geslagsbepaalde semen is gebruik om vyf dormerooie te insemineer. Embrio's wat van die vyf ooie gespoel is is in ontvangerooie geplaas, en die lammers word teen September verwag. Foto: André Pretorius Fotografie

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.46
-0.3%
Rand - Pond
22.58
-0.9%
Rand - Euro
19.78
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.36
-0.6%
Rand - Jen
0.14
-1.0%
Platinum
987.11
+1.9%
Palladium
1,414.97
+0.2%
Goud
1,977.56
-0.6%
Silwer
22.35
-1.1%
Brent-ruolie
72.97
-2.4%
Top-40
68,267
+1.9%
Alle aandele
73,714
+1.6%
Hulpbronne 10
64,879
+3.2%
Industriële 25
99,054
+2.1%
Finansiële 15
15,036
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kuier lekker saam
Ek hou van musiek, braai, kuier met vriende, kamp, ens. Tipiese introvert kom daar tye waar ek bietjie alleen tyd nodig het, en ek gun dieselfde vir my vriendin. Ek werk hard en...
Blank
Ek is redelik jonk van gees. Hou van dans en kook. 'N sin vir humor is belangriker as 'n resiesfiets.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot