Diewe is einde Desember op heter daad betrap toe hulle na bewering bykans R1 miljoen se saad en chemikalieë op ’n plaas by Vierfontein in die Vrystaat probeer steel het.
Mnr. David Britz, voorsitter van Vierfontein se boerevereniging, sê hulle het inligting ontvang dat die diefstal beplan word en hul eie plaaslike reaksiemag het toegeslaan om dit te verhinder.
“Ons het nou oor ’n tydperk veiligheidskameras op verskeie paaie geplaas wat deurentyd gemonitor word. Dit maak dit makliker om verdagte voertuie op te merk.”