Me. Lauren Scott, IFPA se hoof van strategie in Amerika, het by die onlangse IFPA Fresh Solutions-geleentheid in Johannesburg kom vertel hoe die Stigting vir Vars produkte hom gaan beywer vir ’n gesonder samelewing met beter infrastruktuur en volhoubare toegang tot vars produkte vir almal.
“Ons wil hierdie stigting van die begin af bestuur asof dit ’n omset van $50 miljoen het, want as ’n mens ’n groot maatskappy bou, dan doen jy dinge baie anders as wanneer jy ’n klein besigheid begin bou.
“Wanneer ons oor volhoubaarheid praat, praat ons oor die verbruiker en daarom het ons internasionale navorsingsafdeling met verbruikersnavorsing begin.