’n Wye reeks Suid-Afrikaanse landbouprodukte kan danksy die Amerikaanse wet op groei en ontwikkeling (Agoa) tariefvry na Amerika uitgevoer word en talle bedrywe benut die voordele.
Mnr. John James, ’n 41-jarige lid van die Amerikaanse Republikeinse Party, vra egter nou in ’n voorgestelde resolusie in die Amerikaanse huis van verteenwoordigers se komitee vir buitelandse sake dat Amerika se betrekkinge met Suid-Afrika ondersoek word en hy verwys ook sydelings na Agoa.
Die resolusie lui dat Amerika fyn moet kyk watter gunstige ekonomiese voordele Suid-Afrika se insluiting by Agoa vir hom bied.