AFGRI
BEAN
27 Mrt
-
9500
0,00
CORN
27 Mrt
-
4578
0,00
SOYA
27 Mrt
-
8100
0,00
SUNS
27 Mrt
-
8943
0,00
WEAT
27 Mrt
-
6343
0,00
WMAZ
27 Mrt
-
3966
0,00
YMAZ
27 Mrt
-
4015
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Gigaba moet sukkelende boere help

’n Skuldinvoerderaar dreig sukkelende boere met regsaksie oor huurgeld wat nie betaal is nie, ten spyte van beloftes deur die Regering dat dié "teistering" stopgesit sal word.

Die vryskelding van huurgeld op regeringsgrond moet ingestel word om sukkelende boere te help. Só sê Nerpo, die organisasie vir opkomende rooivleisprodusente.

Die organisasie pleit vir dié uitweg nadat sy nasionale uitvoerende raad inligting bekom het dat ’n skuldinvoerderaar boere steeds met regsaksie dreig oor huurgeld wat nie betaal is nie.

Die African Farmers’Association of South Africa (Afasa) het reeds verlede jaar ’n onderneming van mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, en mnr. Mdu Shabane, direkteur-generaal (DG) van die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, gekry het dat die “teistering” sal stop.

Intussen is Shabane sedert einde 2016 geskors weens prosedurele tekortkominge wat by sommige grondhervormingsprojekte gevind is.

Gigaba moet help

Mnr. Aggrey Mahanjana, uitvoerende direkteur van Nerpo, sê baie boere op regeringsplase is ongelukkig.

“Sommige het steeds nog nie behoorlike huurooreenkomste nie en baie het geen hulp en ondersteuning ontvang sedert hulle op die plase gesit is nie.

“Dit was verskeie kere onder die departement se aandag gebring, maar dit bly onopgelos.”

Om hierdie rede word gevra dat ’n moratorium ingestel word op betalings vir huurgrond totdat al die kwessies uitgesorteer en behoorlike ondersteuning aan die boere gegee is.

Nerpo wil die kwessie na mnr. Malusi Gigaba, Minister van Finansies, neem om ’n oplossing te vind, siende dat die wanbetaling van die huurooreenkomste strydig met die Wet op Finansiële Bestuur (PFMA) is.

Boereregister

’n Gefrustreerde Nerpo het ook sy mond uitgespoel oor die elektroniese register van boere wat nog nie van die grond af gekom het nie.

Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye werk sedert 2008 om so ’n register op die been te bring. Die register kan veral behulpsaam wees met die monitor van steunprogramme wat die regering aan begunstigdes van landbouprogramme bied.

In 2014 het Statisieke SA aangedui dat hy sowat R330 miljoen benodig om kleinskaalse en kommersiële boere te tel.

Geen amptelike syfers bestaan oor hoeveel kleinskaalse boere Suid-Afrika het nie. Die departement het intussen aangedui dat hy weens sy finansiële beperkings eerder voorligtingsbeamptes sal oplei om die boere te tel.

Handig

Mahanjana sê sedert die boereregister ’n prioriteitsprojek gedurende die voormalige landbouminister, me. Tina Joemat-Pettersson, se tyd gemaak is, word dit gereeld in begrotingstoesprake genoem, maar niks kom daarvan nie.

So ’n register sal handig te pas kom wanneer boere vir hulpprogramme van die regering aangewys moet word, sê Mahanjana.

Verder maak die regering ook nie genoeg van georganiseerde landbou gebruik by die implementering van sy kommersialiseringsprogram vir boere nie.

Mahanjana sê dat die proses om begunstigdes hiervoor te identifiseer ondeursigtig is, nie kredietwaardig is nie en dat die kies van verkeerde begunstigdes die hele program kan laat faal.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.25
+0.3%
Rand - Pond
22.47
+0.1%
Rand - Euro
19.73
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.21
-0.3%
Rand - Jen
0.14
-0.4%
Platinum
974.63
+0.7%
Palladium
1,410.21
+0.7%
Goud
1,959.30
+0.1%
Silwer
23.03
-0.2%
Brent-ruolie
78.12
+4.0%
Top-40
69,785
0.0%
Alle aandele
75,284
0.0%
Hulpbronne 10
64,924
0.0%
Industriële 25
102,191
0.0%
Finansiële 15
15,417
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na liefde
Ek is eerlike opreg en weet hoe om ' n dame spesiaaal te laat voel. Ek hou ook van buite lewe en avontuurlustig
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot