AFGRI
BEAN
08 Des
-
7480
-159,00
CORN
08 Des
-
3700,2
-31,80
SOYA
08 Des
-
7509
-125,00
SUNS
08 Des
-
9338
-203,00
WEAT
08 Des
-
6160
-32,00
WMAZ
08 Des
-
3500
-34,00
YMAZ
08 Des
-
3544,2
-35,80
AMT
Beeste A2/3
26 Nov
-
54,24
-0,63
Beeste AB2/3
26 Nov
-
52,63
0,45
Beeste B2/3
26 Nov
-
50,32
0,23
Beeste C2/3
26 Nov
-
47,11
0,09
Bevrore Hoender
26 Nov
-
28,88
0,13
Bokkies (onder 30 kg)
26 Nov
-
62,18
-0,18
Bokooie
26 Nov
-
45,29
4,41
Groot (meer as 40 kg)
26 Nov
-
45,42
4,21
Hoender (IQF)
26 Nov
-
27,42
0,12
Medium (30-40kg)
26 Nov
-
57,4
8,84
Pork Average
26 Nov
-
28,41
-0,07
Poultry Average
26 Nov
-
28,82
0,11
Skaap A2/3
26 Nov
-
85,3
-0,27
Skaap AB2/3
26 Nov
-
76,69
-0,67
Skaap B2/3
26 Nov
-
72,23
-0,44
Skaap C2/3
26 Nov
-
69,96
-0,48
Speenkalf
26 Nov
-
41,14
-0,16
Spekvarke
26 Nov
-
29,41
0,01
Stoorlammers
26 Nov
-
44,39
0,84
Varkwors
26 Nov
-
23,5
0,04
Vars Hoender
26 Nov
-
30,18
0,10
Vleisvarke
26 Nov
-
28,44
0,06
Wol (skoon)
26 Nov
-
175,29
-0,07

Glencoe: Landdroshof weier borgtog vir boer

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Charl van Rooyen
Ter illustrasie. Foto: Charl van Rooyen
’n Boer van Glencoe in die noorde van KwaZulu-Natal, mnr. Garth Simpson (68), is vroeër vandag borgtog geweier in die plaaslike landdroshof.

Luidens ’n verklaring van die provinsiale direktoraat vir openbare vervolging is die saak teen Simpson tot 26 November uitgestel vir verdere ondersoek.

Die saak teen Simpson volg nadat die 17-jarige Qiniso Dlamini op 28 September tydens ’n worsteling geskiet is. Die worsteling het gevolg nadat Simpson na bewering beeste op sy plaas buite die dorp gevind het wat onwettig daar wei. Hy het die beeste in ’n kraal aangehou nadat hy na bewering die owerhede na die toneel ontbied het.

Dlamini en twee ander mans het na bewering probeer om die diere vry te laat voordat die worsteling ontstaan het.

‘Baie ontsteld’

Mnr. Herman de Wet, voorsitter van TLU SA in KwaZulu-Natal, wat die borgtogaansoek bygewoon het en self in die noorde van die provinsie boer, het aan Landbouweekblad gesê TLU SA is “baie ontsteld” dat die besluit om borgtog vir Simpson te weier, gegrond is op faktore wat veel wyer is as die spektrum van wat die wet vir sulke aansoeke vereis.

Simpson is nie ’n lid van TLU SA nie.

Inligting op die webwerf van die departement van justisie en staatkundige ontwikkeling lui dat ’n beskuldigde die reg het om die hof te vra om op borgtog vrygelaat te word, pleks daarvan om in aanhouding te bly totdat die saak afgehandel is. As hy om borgtog aansoek doen, moet die beskuldigde die voorsittende beampte oortuig dat hy of sy al sy of haar hofverhore sal bywoon, nie sal verdwyn nie, nie ’n gevaar vir ander mense inhou nie, nie verdere misdade sal pleeg nie en geen getuie in die saak sal intimideer nie.

Benewens die aanklagte van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, is Simpson na bewering ook aangekla van ’n skedule 6-oortreding, naamlik moord met voorbedagte rade.

Die departement verduidelik op sy webwerf: “Die beskuldiging van ’n persoon van ’n skedule 6-oortreding plaas meer las op die beskuldigde om die hof te oortuig dat dit nie net in die belang van geregtigheid is nie, maar dat daar buitengewone omstandighede is om hom te help om as sodanig vrygelaat te word. Moord met voorbedagte rade is die soort moord wat die beskuldigde voor die teregstelling of daad beplan het. Die staat moet op grond van beskikbare bewyse bewys dat die moord beplan was.”

De Wet het gesê TLU SA glo dat Simpson aan die kriteria voldoen het om op borgtog vrygelaat te word.

“Ons meen die redes waarom borgtog aan Simpson geweier is, is heeltemal irrelevant vir ’n borgtogaansoek. Hierdie feite moet slegs tydens die hofsaak behandel word. Die howe moet konsekwent wees met wat hulle doen. ’n Paar keer is borgtog al toegestaan aan verdagtes wat na bewering by plaasaanvalle betrokke was. Ons wag vir die landdros se skriftelike verslag oor die weiering van borgtog,” het De Wet gesê.

SAPD kon situasie vermy

Intussen het me. Sandy La Marque, hoof- uitvoerende beampte van die KwaZulu-Natalse landbou-unie (Kwanalu), vanoggend voor die hofbeslissing gesê die situasie in die distrik Glencoe is steeds gespanne en dat die langtermynprobleme wat onwettige weiding op private plaasgrond betref, steeds voortduur.

“Beeste wat deurbreek en rondlopervee kom reg oor KwaZulu-Natal voor. Wat ’n bron van kommer is, is dat die voorvalle by die polisie aangemeld word, maar dit word nie getakel nie en geen ondersteuning word gegee nie. Hierdie situasie en Dlamini se dood kon voorgekom geword het as die polisie gereageer het en gedoen het wat van hulle verwag word ingevolge die landelike veiligheidsplan, die relevante wetgewing, en om onder meer toe te sien dat wet en orde gehandhaaf word.”

Volgens La Marque skakel Kwanalu se leierskap deurlopend met die betrokkenes as deel van pogings om die spanning by Glencoe te verlig en om die kwessies wat daartoe aanleiding gegee het, te probeer uitsorteer. Kwanalu doen ’n beroep op die polisie om die landelike veiligheidstrategie doeltreffend reg oor die provinsie toe te pas.

“Alle betrokkenes moet in ag geneem en oplossings moet gevind word.” La Marque het gesê skakeling tussen gemeenskapsleiers sal moontlik help om gemeenskaplike begrip te bewerkstellig.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.73
+0.8%
Rand - Pond
20.82
+0.8%
Rand - Euro
17.84
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.29
-0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.9%
Goud
1,783.99
-0.0%
Silwer
22.43
-0.4%
Palladium
1,854.50
+0.1%
Platinum
963.00
+0.6%
Brent-ruolie
75.44
+3.1%
Top-40
65,993
-0.8%
Alle aandele
72,404
-0.7%
Hulpbronne 10
68,624
-2.1%
Industriële 25
95,800
-0.2%
Finansiële 15
14,289
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek liefde en n vriendin om saam dienlewe te geniet
Ek is eerlik en betroubaar en op soek na n maatjie wat die pad saam my wil stap en ons drome waar maak , kom ons vat n kans dalk is ons opsoek na mekaar
Nuwe boek begin
Is fun. Hou van lag. Familie en gesin is belangrik. en ek maak n mean braai broodjie Hou van nuwe avonture. Buitelewe of n lekker movie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot