AFGRI
BEAN
22 Okt
-
6602
0,00
CORN
22 Okt
-
3085
0,00
SOYA
22 Okt
-
7266
0,00
SUNS
22 Okt
-
10911
0,00
WEAT
22 Okt
-
5681
0,00
WMAZ
22 Okt
-
3146
0,00
YMAZ
22 Okt
-
3284
0,00
AMT
Beeste A2/3
22 Okt
-
53,12
-0,01
Beeste AB2/3
22 Okt
-
51,44
0,00
Beeste B2/3
22 Okt
-
49,2
0,00
Beeste C2/3
22 Okt
-
45,11
0,00
Bevrore Hoender
22 Okt
-
29,28
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
22 Okt
-
67,85
0,04
Bokooie
22 Okt
-
44,07
0,10
Groot (meer as 40 kg)
22 Okt
-
40,19
0,13
Hoender (IQF)
22 Okt
-
27,37
-0,01
Medium (30-40kg)
22 Okt
-
54,78
-0,01
Pork Average
22 Okt
-
27,29
-0,01
Poultry Average
22 Okt
-
29,26
0,00
Skaap A2/3
22 Okt
-
82,67
0,00
Skaap AB2/3
22 Okt
-
75,9
0,01
Skaap B2/3
22 Okt
-
70,32
0,01
Skaap C2/3
22 Okt
-
67,22
-0,02
Speenkalf
22 Okt
-
39,87
0,00
Spekvarke
22 Okt
-
27,23
-0,02
Stoorlammers
22 Okt
-
45,23
-0,03
Varkwors
22 Okt
-
22,33
-0,01
Vars Hoender
22 Okt
-
31,13
0,00
Vleisvarke
22 Okt
-
28,17
0,01
Wol (skoon)
22 Okt
-
166,76
-0,02

‘Goddelike opdrag’ laat Petrus stap teen plaasmoorde

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Die span wat deur die sentrale deel van Suid-Afrika stap om bewustheid oor plaasmoorde te skep. Van links is mnre. Tebogo Mosieleng (33) van Bloemfontein, Petrus Phakamile Sitho (40) van Oos-Londen, Buti Petrus Sitho (23) van Bultfontein, Matthew Mananga (43) van Oos-Londen en Lebogang Tsatsinyane (24) van Bloemfontein. Foto: Vida Booysen
Die span wat deur die sentrale deel van Suid-Afrika stap om bewustheid oor plaasmoorde te skep. Van links is mnre. Tebogo Mosieleng (33) van Bloemfontein, Petrus Phakamile Sitho (40) van Oos-Londen, Buti Petrus Sitho (23) van Bultfontein, Matthew Mananga (43) van Oos-Londen en Lebogang Tsatsinyane (24) van Bloemfontein. Foto: Vida Booysen
Mnr. Petrus Phakamile Sitho het die afgelope paar jaar onder Suid-Afrikaners bekend geraak as aktivis wat hom in die openbaar teen plaasmoorde uitspreek.

Hy deurkruis die land en is juis nou weer op ’n staptog saam met vier ander manne. Hul roete het einde September in Oos-Londen begin en hulle stap tans deur die Karoo.

Die doelwit is om by Suid-Afrikaners van alle rasse bewustheid oor plaasmoorde en die gevolge daarvan te skep. Hy wil ook die regering aanspoor om meer te doen om dit te stuit, soos om die kommandostelsel terug te bring, en om swaarder strawwe op te lê aan geweldenaars wat boere aanval.

Sitho en sy groep beoog om die staptog op 28 Oktober by die parlementsgebou in Kaapstad afsluit. Maar hierdie keer, sê Sitho, sal hy nie weer ‘n memorandum oorhandig nie.

“Hulle vat daardie memorandum en gooi hom in die asblik. Ek wil met die land praat oor wie agter die plaasmoorde sit en hoe ons mense daarteen kan beskerm. Ons nooi pres. Cyril Ramaphosa om te kom luister. Thoko Didiza, minister van landbou, moet ook daar wees. Sy help nie die boere as die veld afbrand en daar nie kos vir die diere is nie.”

Vrystaatse wortels

Toe Landbouweekblad met Sitho op Trompsburg in die Suid-Vrystaat gepraat het, was hy siekerig en die ysterpen in sy enkel het hom seergemaak op die pad. “Dis ’n ou rugbybesering, tannie, van toe ek flank gespeel het op hoërskool,” gesels hy. Soos ’n tipiese Vrystaatse boerseun spreek hy outomaties ’n ouer persoon as “tannie” of “oom” aan.

Sy idiomatiese Afrikaans weerspieël sy grootwordjare op Bultfontein in die Vrystaat, waar hy in 2001 gematrikuleer het. Hy is die kind van plaaswerkers wat steeds daar woon. Ná skool het hy by die koöperasie ingeval, by John Deere. “Baie van ons kliënte was boere en ek het gesien boere is mense wat 24 uur per dag werk, hulle pla niemand nie en hulle doen wat hulle moet sodat elkeen in Suid-Afrika kos op die tafel het.”

Hy vertel dat hy in Maart 2018, terwyl hy op Newcastle gewerk het, ’n Goddelike opdrag gekry het om Suid-Afrikaanse boere te help. Dit sou hom uiteindelik sy werk kos. Hy wy hom vandag heeltyds aan plaasmoord-aktivisme en beskou homself as ’n stem vir voedselsekerheid. Sy geloof dra hom deur moeilike tye, soos toe hy in 2018 in die nag by die Uniegebou aangeval is, terwyl hy in sy motor gelê en slaap het.

Hy wou ’n memorandum teen plaasmoorde oorhandig, maar niemand wou dit ontvang nie. Daardie dag het hy egter mediadekking gekry en die aand was daar drie manne met gholfstokke wat hom geslaan het en wou weet wie hom gestuur het. “Daardie tyd vra ek God om my te beskerm, en ek sê vir Hom ek het nie gekies om hierdie te doen nie. Ek het ’n gesin en dis nog nie my tyd om dood te gaan nie.”

Maar hy erken ook ruiterlik daar is volop wantroue oor sy motiewe. “Party wit mense sê ek gaan nie regkom nie, hulle sê ek is ’n skelm. Swart mense sê weer die wittes betaal my.”

Negatiewe woorde soos hierdie maak hom net sterker. “Partykeer as ons loop, kom die karre verby en dan draai hulle weer om. Dan sê ek vir my mense: ‘Wees stil, fokus.’ Dan stop daar ’n kar vol swart mense en hulle sê ons is white puppets wat wit mense help om hul grond af te vat. Ons praat niks nie, ons weet hulle wil ons net uitlok. Ons stap net aan.”

Hulle begin vroegoggend met gebed en stap graag voor die son te veel begin brand. Dikwels weet hulle nie of daar slaapplek op die volgende dorp gaan wees nie, of selfs kos nie. “Maar ons weet miljoene Suid-Afrikaners hou ons dop. Ons weet waarvoor ons veg. Hierdie ding is in ons harte. Dis hoekom ons dit doen.”

Politieke motief

Drie van die vier manne wat saam met hom stap, het hy via sosiale media, waar hy baie aktief is, ontmoet. Hulle het gevra om deel van sy veldtog te word. Die vierde is sy neef Buti Petrus Sitho van Bultfontein. Daar is baie ander wat soos hulle voel, sê Sitho.

“Die mense wat nie saamstem nie, word deur hul poitieke leiers mislei. Ek was by die hof op Piet Retief (waar die beskuldigdes in die Pampoenkraal-saak verskyn het) en het gesien hoe sing die mense haatliedere. Ek vra een hoekom doen hy dit en hy praat maar net die woorde wat Julius Malema sê, die woorde kom nie eintlik binnekant uit sy hart nie.”

Sitho vertel hy het die man gevra om te dink oor sy gesin, oor wat met hulle sal gebeur as al die boere verjaag word. “Kyk wat het in Zimbabwe gebeur. Ons het 5 miljoen Zimbabwiërs in ons land, want hulle sukkel in hul eie land. Hierdie ding gaan vir ons baie groot probleme in Suid-Afrika veroorsaak en as ons dit besef, gaan dit te laat wees.”

Wanneer Sitho praat oor die lyding van slagoffers van plaasmoorde, raak hy hartseer. Hy voel dit is juis vir hom as aktivis belangrik om soveel van hulle as moontlik te gaan ondersteun. “Laasjaar het ek gestap van Oos-Londen tot op Paul Roux, waar Brendin Horner vermoor is, dat die wêreld kan sien wat gaan aan. Ek het met Brendin Horner se ma, Mietjie, gaan praat. Dit was baie emosioneel vir ons albei. Ek het vir haar ’n sterk drukkie gegee.”

Hy het ook gepraat met die familie van die Oos-Kaapse boer me. Zolisa Panyaza, wat na bewering vermoor is omdat iemand anders aanspraak gemaak het op die plaas wat sy van die staat gekry het. “Haar 14-jarige dogter het gesien hoe sy vermoor is. Daardie kind het gesmeek dat hulle dit nie doen nie. Kan jy dink die trauma? Sjoe, hierdie land van ons. Hier is ’n politieke motief agter die plaasmoorde, ek is oortuig daarvan.”

Sitho en sy span se grootste behoefte is aan water en energiedrankies vir die pad, asook kos en slaapplek op die dorpe waar hulle stop om te rus. Van die spanlede se tekkies is ook deurgeloop. Bel Sitho by 073 008 4105 of sy administrateur, Celia Boshoff, by 073 478 2798. Hy het ’n Facebook-blad waar plasings oor die staptog se vordering geplaas word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.85
-0.7%
Rand - Pond
20.48
+0.8%
Rand - Euro
17.30
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.09
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Goud
1,793.03
0.0%
Silwer
24.33
0.0%
Palladium
2,023.00
0.0%
Platinum
1,043.50
0.0%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,525
+1.7%
Alle aandele
67,051
+1.5%
Hulpbronne 10
62,969
+2.5%
Industriële 25
86,659
+1.4%
Finansiële 15
13,849
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Happy go lucky
Sense humour witty funny just enjoy being me enjoy each and every day to best I can and take it ad it comes
Passievol om n Roman te skryf😉WHITE'S ONLY
WHITES ONLY Eks passievol vir die lewe, diere en mense. Ek glo in dra die Vrugte vd Gees elke dag, om te lag en mense gelukkig te sien. Eks eerlik en opreg! Wanneer ek liefhet...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot