AFGRI
BEAN
28 Nov
-
9156
14,00
CORN
28 Nov
-
4471,2
-39,80
SOYA
28 Nov
-
8830
66,00
SUNS
28 Nov
-
10850
-158,00
WEAT
28 Nov
-
6690
-4,00
WMAZ
28 Nov
-
5324
-21,00
YMAZ
28 Nov
-
5117
-9,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Goeie nuus vir verbruikers oor olies se pryse

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Theuns Botha
Foto: Theuns Botha
’n Toename in produksie en voorrade van groente-olies veroorsaak dat die pryse van produkte soos sonneblom-, palm- en sojaboonolie na verwagting in die eerste ses maande van aanstaande jaar sal daal.

’n Toename in produksie en voorrade van groente-olies veroorsaak dat die pryse van produkte soos sonneblom-, palm- en sojaboonolie na verwagting in die eerste ses maande van aanstaande jaar sal daal.

Mnr. Thomas Mielke, uitvoerende hoof van Oil World, ’n markontledingsdiens vir olies en vette, het tydens ’n webinaar van die Willowton-groep gesê die hoë pryse wat ondervind word, is nie volhoubaar nie. “Daar is reeds aanduidings dat pryse begin daal, maar daar is potensiaal vir groter afwaartse aanpassing vorentoe.”

Hy het gesê in reaksie op die hoë pryse het verbruikers hul verbruik van eetbare olies verminder en boere het hul aanplantings wêreldwyd met 9 miljoen ha vergroot. “Daar word voorsien dat die tien vernaamste oliesade se produksie met 25 miljoen ton sal verhoog in die 2021-’22-seisoen tot ’n nuwe hoogtepunt van 611 miljoen ton. Daar behoort genoeg voorraad te wees om die parstempo in só ’n mate te verhoog dat daar in die vraag voorsien sal kan word.”

Die produksie van sonneblomsaad, palmolie, sojabone en raapsaad sal in die 2021-’22-seisoen met sowat 7 miljoen ton toeneem, wat die grootste groei in vier jaar sal verteenwoordig. Dit behoort daartoe te lei dat die pryse van die olies sal afneem, maar die pryse vir oliekoek sal na verwagting relatief hoër wees.

Mielke het gesê wat sonneblomsaad betref, was die afname van 5,3 miljoen ton in wêreldproduksie in die 2020-’21-seisoen die grootste ooit. Die verwagting is dat dit in 2021-’22 met 7 miljoen ton tot 57,7 miljoen ton sal toeneem. Hiervan sal Oekraïne se aandeel 17 miljoen ton wees, Rusland 15,3 miljoen ton en die Europese Unie 10,5 miljoen ton.

Die produksie van palmolie was in die 2020-’21-seisoen 1,4 miljoen ton groter en verdere groei van sowat 4 miljoen ton word vir hierdie seisoen voorspel. Hy het gesê die tekort aan nuwe aanplantings die afgelope drie jaar belemmer opbrengste en ’n tekort aan arbeiders skep ook ’n probleem.

Aansienlik groter groei word in die produksie van sojabone verwag. Dit sal na raming met 17 miljoen ton in die nuwe seisoen toeneem tot 379 miljoen ton. Die produksie sal vinniger groei as verbruik en sojabone sal 62% van alle oliesade verteenwoordig. Die aanbod in veral Amerika en Suid-Amerika behoort hoër te wees, maar Mielke het gewaarsku dat weersomstandighede, covid-19, energiepryse en lande se vermoë om in te voer die omstandighede kan verander.

Die produksie van raapsaad en kanola het hierdie seisoen tot 62 miljoen ton gedaal, die laagste vlak in 13 jaar.

Oor die vervaardiging van biobrandstof uit groente-olies, het hy gesê ondanks die lae voorrade en pryse wat die hoogte ingeskiet het, het die verbruik van groente-olies vir energie steeds toegeneem. “Die verbruik van olies vir biodiesel het in 2021 met 1,3 miljoen ton tot 48 miljoen ton wêreldwyd toegeneem. Sowat 18% van die wêreldvoorraad van 17 soorte olies en vette word nou vir die vervaardiging van biobrandstof gebruik teenoor 12% sowat tien jaar gelede. Die vraag kan gevra word of ’n nuwe ‘voedsel teenoor brandstof-debat’ dalk sal lei tot ’n verlaging van die teikens vir biobrandstof,” het hy gesê.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.14
-0.2%
Rand - Pond
20.55
+0.9%
Rand - Euro
17.76
+0.4%
Rand - Aus dollar
11.43
+0.9%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,741.80
-0.9%
Silwer
20.96
-2.3%
Palladium
1,847.00
-0.5%
Platinum
992.00
+0.8%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,994
+0.4%
Alle aandele
73,368
+0.3%
Hulpbronne 10
70,795
-0.9%
Industriële 25
88,376
+1.2%
Finansiële 15
16,389
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Goeie
Goeie sin vir himor, baie eerlik, hou van die bosveld dan die see en wil net mens wees. en lewe nie alleen oud word Nie.
Kom ons vat n kans
Ek is mense mens, my kind en familie en vriende is my alles, kwaliteit tyd saam n mens se geliefdes is kosbaar.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot