AFGRI
BEAN
27 Mrt
-
9500
0,00
CORN
27 Mrt
-
4578
0,00
SOYA
27 Mrt
-
8100
0,00
SUNS
27 Mrt
-
8943
0,00
WEAT
27 Mrt
-
6343
0,00
WMAZ
27 Mrt
-
3966
0,00
YMAZ
27 Mrt
-
4015
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Goeie reën op plekke in wynbou-areas

Goeie reën het plek-plek in verskeie wynproduksiestreke uitgesak, maar wynboere in die droër Swartland- en Paardeberg-area was nie almal so gelukkig nie.

Tot 55 mm is Vrydag op wynplase in die Stellenbosch-area aangeteken nadat donderbuie douvoordag op 27 Januarie begin val het. Sporadiese buie het ook die res van dié Vrydag voorgekom.

In die Aan de Doorns-omgewing, naby Worcester, het boere tot 20 mm reën gekry. “Hier het Vrydag ’n helse bui deurgetrek wat so ’n streep reën gegooi het. Op een deel van die plaas het ons 20 mm gemeet en by die huis so 10 mm,” vertel mnr. Erhard du Toit van die plaas Rooiberg, naby Worcester.

“Ons is baie dankbaar vir die reën. Hier het nou die dag ’n paar druppels geval, maar dit het nie eers die stofpad natgemaak nie. Voor dit het dit die winter laas gereën. By ons is dit blerrie droog op die oomblik. Ons is al 10% gesny op ons wateronttrekking uit die Breërivier. Wat ons damvlakke betref het ek dit nog nooit so leeg gehad die tyd van die jaar nie,” sê Du Toit, wat die week begin pars.

Heerlike reën

Mnr. Nico Grobler, keldermeester van Eikendal naby Stellenbosch, sê hul reënmeter het vol gereën. “Ek skat dit het tussen 40 en 50 mm gereën. Dit sal baie boere, wat aggressief moet besproei, nou ’n week of wat verligting gee, want dit sal amper 5 cm water in die grond wees. Dink net wat dit vir ons damvlakke sal beteken.”

Verskeie plase het al begin druiwe pars, maar Grobler is nie besorg oor siektes, soos vrot, wat ná die reën kan voorkom nie. “Reën is altyd welkom. Ons het reeds begin oes, maar hier is genoeg wind om die druiwe af te droog, so ek is nie nou bekommerd oor siektes nie.”

Du Toit gaan ook nie wakker lê oor siektes nie. “Vir die siektes kan jy nog spuit, maar jy kan nie water spuit nie. Hier en daar sal seker ’n bietjie vrot voorkom, maar dis nie naastenby ons grootste probleem nie.”

Wes-Kaapse damme

Enkele dae gelede was die Wes-Kaap se damme minder as 40% vol. Die Theewaterskloofdam, waaruit talle wynboere besproei, het minder as 35% water gehad.

In die Paardeberg-area het die hemelsluise egter toe gebly. “Ons het net foto’s van al die reën van ons vriende op Stellenbosch gekry,” vertel mnr. Eben Sadie van The Sadie Family Wines. “Ons het net 3 mm gehad en al wat dit doen is om die onkruid te laat groei.”

Volgens hom kry boere in die omgewing tans uiters swaar. “Van die boere in die Paardeberg-vallei het vanjaar net 280 mm reën gehad en ander 300 mm. Die vorige jaar was dit dieselfde, so ons het binne twee jaar se tyd een hele jaar se reënval verloor.”

Almal is benoud

“Op plekke soos Robertson, Vredendal en Franschhoek is baie waterdaende areas, so besproeiing maak deel uit van die modus operandi. As dit hier nie reën nie, het boere nie oeste nie. En ons het nou twee klein oeste agter die blad. Ek dink almal is benoud, want hier is ’n klomp boere wat nie nog ’n jaar finansieel gaan byhou nie. Dis nou maar waar ons is. Dis eintlik baie tragies.”

Hulle is tans besig om ’n dam te bou en hy sê hulle werk sowat 7 m diep. “Die grond is poeierdroog. Die grondwatertafel is uitgeput.”

Ook mnr. Nicholas Pentz, eienaar van Grootte Post-wynkelder naby Darling, sê hulle het geen reën gehad nie. “Hier was ’n strook wat tussen 10 en 25 mm gehad het, maar dele van Darling het niks reën gekry nie. Ons kon regtig doen met die reën, want verlede jaar het ons net 60% van ons reënval gehad en die jaar voor dit net 50%.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.25
+0.3%
Rand - Pond
22.47
+0.1%
Rand - Euro
19.73
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.21
-0.3%
Rand - Jen
0.14
-0.4%
Platinum
974.63
+0.7%
Palladium
1,410.21
+0.7%
Goud
1,959.30
+0.1%
Silwer
23.03
-0.2%
Brent-ruolie
78.12
+4.0%
Top-40
69,785
0.0%
Alle aandele
75,284
0.0%
Hulpbronne 10
64,924
0.0%
Industriële 25
102,191
0.0%
Finansiële 15
15,417
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na liefde
Ek is eerlike opreg en weet hoe om ' n dame spesiaaal te laat voel. Ek hou ook van buite lewe en avontuurlustig
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot