AFGRI
BEAN
31 Jan
-
9862,2
149,20
CORN
31 Jan
-
4655
45,00
SOYA
31 Jan
-
9425
-4,00
SUNS
31 Jan
-
11029,8
-192,20
WEAT
31 Jan
-
6782
51,00
WMAZ
31 Jan
-
4430,2
-51,80
YMAZ
31 Jan
-
4553
-52,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
20 Jan
-
170,89
-2,92
Ave Wool - RWS
20 Jan
-
181,89
-7,19
Beeste A2/3
20 Jan
-
58,72
2,37
Beeste AB2/3
20 Jan
-
58,36
3,52
Beeste B2/3
20 Jan
-
56,86
4,26
Beeste C2/3
20 Jan
-
52,54
0,65
Bevrore Hoender
20 Jan
-
31,75
-2,38
Bokkies (onder 30 kg)
20 Jan
-
63,65
-0,77
Bokooie
20 Jan
-
40,24
-2,32
Groot (meer as 40 kg)
20 Jan
-
41,1
-3,43
Hoender (IQF)
20 Jan
-
32,82
0,66
Medium (30-40kg)
20 Jan
-
56,66
1,18
Pork Average
20 Jan
-
37,05
0,71
Poultry Average
20 Jan
-
32,38
-0,99
Skaap A2/3
20 Jan
-
87,14
3,08
Skaap AB2/3
20 Jan
-
80,78
-2,47
Skaap B2/3
20 Jan
-
70,13
0,82
Skaap C2/3
20 Jan
-
65,78
1,26
Speenkalf
20 Jan
-
36,84
0,12
Spekvarke
20 Jan
-
38,49
1,90
Stoorlammers
20 Jan
-
38,71
0,25
Varkwors
20 Jan
-
29,77
0,61
Vars Hoender
20 Jan
-
32,57
-1,26
Vleisvarke
20 Jan
-
36,9
0,60

GoeieNuus: Blaaskans met diesel vir boere

akkreditasie
Afslagkaarte vir goedkoper diesel en die beoogde 100% dieselrabat kan die stremming op boere se beursies ligter maak.

Boere kan sowat R127,35 miljoen bespaar met die SA Inkomstediens se beoogde verhoogde dieselrabat, wat saam met die afslagkaarte vir diesel wat die TLU SA aanbied, welkome verligting kan bied.

Mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van die TLU SA, sê in 'n skrywe dié unie het verlede jaar 'n mandaat ontvang  om afslagkaarte vir diesel uit te rol waar gebruikers 'n besparing van 70c per liter kan kry vir elke liter diesel wat hulle by Shell-vulstasies ingooi. Heelwat gebruikers het al geregistreer om diesel met dié kaarte te koop.

Die TLU SA bied dié unieke diens met die samewerking van Kiaranix aan.

Aflsag wissel van R156,80 tot R1760,50 per maand

Die TLU SA het enkele steekproewe gedoen om vas te stel hoe die stelsel werk. Enkele verbruikers se besparing is nagegaan. Die afslag het gewissel van R156,80 per maand vir 224 liter diesel, tot 'n verbruiker wat 2515 liter diesel gekoop en só R1760,50 se afslag ontvang het. Dié verbruiker se totale afslag sal, oor 'n jaar-tydperk geprojekteer, sowat R21 120 beloop!

Van Zyl sê die projek is nog in sy kinderskoene, maar die moontlikheid van massa-aflewerings kan onder sekere omstandighede ook gedoen word. “Kiaranix het nou 'n kontrak met 'n maatskappy geteken om massa-diesel aan kliënte reg oor Suid-Afrika te lewer. Hierdie transaksies sal per kwotasie plaasvind.”

Beskikbare vragmotors

Die logistiek, asook die terreine vir aflewering, moet egter in berekening gebring word – veral aangesien dit die finale koste sal beïnvloed. Die kleinste beskikbare vragmotors se volume is 20 000 liter diesel en kan in 'n maksimum van twee aflewerings gedoen word (die verhouding van aflewering kan verskil).

Die versoek van die gekontrakteerde logistieke maatskappy is dat die aflewering ook nie meer as 10km uitmekaar moet wees nie. Faktore wat die prys van lewering beïnvloed, is bv. afstande vanaf depot’s, toegangsroetes na die afleweringspunte, asook sekuriteit, ens. Kontak die agente (lys onder aan artikel) om deur hulle 'n kwotasie te verkry, sê Van Zyl.

Beoogde verhoging in dieselrabat

Die SA Inkomstediens het intussen laat blyk dat hy dit oorweeg om die dieselrabat van 80% tot 100% te verhoog, met sekere voorwaardes.

Mnr. Fanie Brink, 'n onafhanklike landbou-ekonoom en een van die vaders van die skep van die dieselrabat vir die landbou, het 'n berekening gedoen en meen dié vergunning sal boere sowat R127, 35 miljoen per jaar bespaar.

Sy berekening lyk so: Gestel 'n mielieboer gebruik 90 liter per hektaar, dan sal hy nou, met 80% liter vir produksiedoeleindes dus vir 72 liter per hektaar die rabat kry. Vir 100% van sy liters sal hy dan vir 90 liter per hektaar die rabat kry.

“Die verskil is 18 liter per hektaar X die dieselrabat van R2,83 per liter: Dit beloop R50,94 per hektaar. Indien mielieboere byvoorbeeld 2,5 miljoen hektaar mielies sou plant, sal die totale kostebesparing R127,35 miljoen wees. Dit sal natuurlik vir al die ander bedrywe verskillend wees," het Brink aan Landbou.com gesê.

Meer oor SAID se voorstel

Mnr. Corné Louw, senior ekonoom van Graan SA, sê Brink se berekening is korrek as die produsent se dieselgebruik nét op die plaas vir kwalifiserende werksaamhede gebruik is. Die voorstel van die SAID se nuwe stelsel is dat alle vervoer en verwerking uitgesluit moet word.

“Die verskil tussen wen of verloor sal wees of die produsent se vervoer en verwerkingsgedeelte naby aan 20% van sy dieselverbruik kom.”

Volgens Louw sou die SAID se voorstel sou die afgelope week by Agri SA bespreek word, waar meer duidelikheid na vore sou kom.

*** Skryf ook in vir die kompetisie waarin jy 2000 liter diesel kan wen: Afgelewer op jou plaas.

Kontaklys vir die TLU SA se dieselkaart:

Wilma Prinsloo - Pietersburg:

082 555 4553 of (015) 293-9804 of wilma@ntlu.co.za

Izelle Enslin/Jacobs -  Pietersburg:

082 338 6601 of pietersburgdlu@gmail.com

Runel Matthews -   Pretoria:

081 761 4854 of  (012) 804-8031 of diesel@tlu.co.za

Elzet Rautenbach -  Vrystaat:

082 358 3104 of bielie.bonsmaras@gmail.com

Hendrik Marnewick -  Lichtenburg:

082 465 3010 of marzs6wick@gmail.com

Erika Helm -  Soutpansberg:

079 699 6032 of erikahelm@mweb.co.za

Vir enige navrae, stuur 'n e-pos na diesel@tlu.co.za

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.43
-0.2%
Rand - Pond
21.50
+0.0%
Rand - Euro
18.95
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.31
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
1,013.36
+1.2%
Palladium
1,648.50
+0.7%
Goud
1,929.69
+0.3%
Silwer
23.74
+0.6%
Brent-ruolie
84.90
-2.1%
Top-40
73,431
-1.2%
Alle aandele
79,477
-1.1%
Hulpbronne 10
75,833
-2.8%
Industriële 25
102,289
-0.4%
Finansiële 15
16,145
-1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
One life.... Live it
Gemaklike persoon met beginsels en waardes. Te laat vir voorgee, ek is gelukkig in my eie vel en wat die lewe nog vir my inhou. Ek kan wissel van diep seun na baie sosiaal en is...
Nuut hier soek iemand opreg en eerlik kan ouer ook wees
Ek is snaaks eerlik opreg oop vir iets nuuts nie hier vir games nie. Hou van natuur sport swem en lekker kuier. Baie sagte hart en n mense mens
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot