AFGRI
BEAN
01 Jan
-
0
0,00
CORN
01 Jan
-
0
0,00
SOYA
01 Jan
-
0
0,00
SUNS
01 Jan
-
0
0,00
WEAT
01 Jan
-
0
0,00
WMAZ
01 Jan
-
0
0,00
YMAZ
01 Jan
-
0
0,00
Deel

Goodyear staak bande vir landbou in SA

Goodyear gaan nie meer bande vir die landbou in SA maak nie.

Die uitfasering van Goodyear-buitebande vir die landbou, tree begin 2015 in Suid-Afrika in werking. Dit volg nadat Goodyear se bestuur vir Europa, die Midde-Ooste en Afrika (EMAE) dié besluit sowat 20 maande gelede aangekondig het.

Die stap maak deel uit van die maatskappy se hoofbesigheidstrategie, sê me. Carla McIntosh, kommunkasiebestuurder van Goodyear in Port Elizabeth. Die oorgang sal saam met sleutel-kliënte en rolspelers, waaronder die landbou, bestuur word. Goodyear sal ook al sy kontraktuele verpligtinge nakom. Vir werknemers in die landbouverdeling sal elders voorsiening gemaak word.

Landbou.com het by verskeie rolspelers in die bedryf navraag gedoen oor Goodyear se besluit.

Mnr. Carel Theron, bemarkingsbestuurder van John Deere, sê dié besluit gaan John Deere nie noemenswaardig benadeel nie, want kontrakte vir bande bestaan reeds met BTI en Trelleborg.

Mnr. Arno du Plessis, nasionale verkoopsbestuurder van CaseIH - Northmec, sê die besluit is ’n jammerte omdat sy maatskappy oor jare ’n groot ondersteuner van Goodyear was. “Ons ontvang nog masjinerie met dié bande, maar ons is begaan, veral oor waarborge. Gelukkig is hier ander handelsmerke wat bewys het dat hulle in die landbousektor in Suid-Afrika betrokke wil wees.”

Du Plessis sê hulle het die skuif verwag en sy onderneming voer gesprekke met nuwe verskaffers om die oorgang so glad as moontlik te laat verloop.

Mnr. Jaco du Preez, nasionale verkoopsbestuurder van New Holland, het gesê “dié besluit het ’n impak op ons. Ons moet al ons eenhede wat met Goodyear-bande die land inkom, by die fabrieke na ’n ander maak laat verander sodat ons boere kan verseker van vervangingsvoorraad in Suid-Afrika. In sommige gevalle is dit maklik en ons het al daarvan oor die jare vervang, maar in ander gevalle kom die eenhede steeds met Goodyear-bande in. Ons maak nou werk daarvan om dit so gou as moontlik te verander.”

Mnr. Wynn Dedwidth van Valtrac op Parys meen dié besluit is nie goed vir Suid-Afrika nie. “Aan die ander kant gebruik ons meestal straallaagbande en wel in verskillende groottes en profiele. Trekkers word meestal met bande ingevoer. So, ons was dalk verantwoordelik dat die volume van plaaslik vervaardigde bande só gedaal het dat dit nie meer volhoubaar was om dit in Suid-Afrika te vervaardig nie. Dit is die tekens van die tye: Ek vertrou dat plaaslike verskaffers hul voorrade van oorsese bande sal oppot.”

Mnr. Marius Ras, Groep-bemarkingsdirekteur van Rovic Leers, sê in die algemeen is dit uiters moeilik vir invoerders en vervaardigers van landbou-werktuie om gespesialiseerde bande in te voer, aangesien verskillende invoerpermitte nou selfs benodig word vir verskillende bandgroottes en handelsname. “ Voorwaar 'n baie moeilike situasie vir maatskappye met hul fokus op naverkoopdiens.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.83
-0.2%
Rand - Pond
22.10
-0.1%
Rand - Euro
19.44
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.98
-0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
985.50
+1.8%
Palladium
1,457.39
+0.6%
Goud
1,981.00
+0.0%
Silwer
23.88
-0.1%
Brent-ruolie
79.27
+1.3%
Top-40
71,089
0.0%
Alle aandele
76,705
0.0%
Hulpbronne 10
67,517
0.0%
Industriële 25
103,222
0.0%
Finansiële 15
15,634
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Liefte is n wenner!
Hou van nuwe plekke sien dinge saam doen, saam lag en net memories maak ek wil settle en is ernstig daaroor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot