Dié gids beslaan nege hoofstukke, en is ook in Engels beskikbaar. Dit is saamgestel deur kenners van die staat, die Stad Kaapstad, private ondernemings en nie-regeringsorganisasies.
Dit omskryf die jongste beleid, wetlike verpligtinge en rigtinggewende beste praktyke oor indringerbekamping, die veilige gebruik van onkruiddoders en die rehabilitasie van skoongemaakte grondgebied.
Die verspreiding van uitheemse plante met ’n hoë waterbehoefte is een van die grootste bedreigings vir die gesondheid van Suid-Afrika se noodsaaklike waterbronne en dus ook watersekerheid, volgens me. Ruth Beukman, hoof van vars water en beleid by die WWF-SA.