Die Groen Skerpioene gaan oor die volgende ses maande 60 instansies ondersoek om te verseker hulle voldoen aan omgewingswetgewing, sê die Departement van Waterwese en Omgewingsake.
Met dié veldtog hoop die ondersoekeenheid om die algemene stand van sake rondom die monitering van omgewingsbestuursplanne en afval-lisensies te verbeter deur byvoorbeeld te sorg dat behoorlike vervolging gebeur waar standaarde nie toegepas word nie.
‘n Week per provinsie
Die ondersoek-eenheid sal elke provinsie vir ‘n week lank besoek. Die Wes-Kaap, en spesifiek Eskom se Safari-substasie in die Paarl, die Oos-Fort Waterskema in Knysna, die omgekeerde osmose-projek by die Poort van Saldanha by Transnet en konstruksiewerke naby Plettenbergbaai kom eerste aan die beurt.
Provinsiale inspeksies sal oor die volgende paar weke ook in die Vrystaat, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal gedoen word.
28 September 2010