AFGRI
BEAN
28 Jan
-
8110
0,00
CORN
28 Jan
-
3783
0,00
SOYA
28 Jan
-
8290
0,00
SUNS
28 Jan
-
10990
0,00
WEAT
28 Jan
-
5908
0,00
WMAZ
28 Jan
-
3620
0,00
YMAZ
28 Jan
-
3765
0,00
AMT
Beeste A2/3
14 Jan
-
56,61
2,35
Beeste AB2/3
14 Jan
-
54,81
1,61
Beeste B2/3
14 Jan
-
52,96
1,07
Beeste C2/3
14 Jan
-
46,06
-1,62
Bevrore Hoender
14 Jan
-
28,5
-0,41
Bokkies (onder 30 kg)
14 Jan
-
62,54
1,93
Bokooie
14 Jan
-
44,21
0,09
Groot (meer as 40 kg)
14 Jan
-
48,55
2,07
Hoender (IQF)
14 Jan
-
26
-1,55
Medium (30-40kg)
14 Jan
-
52,27
3,21
Pork Average
14 Jan
-
27,97
0,34
Poultry Average
14 Jan
-
27,83
-1,03
Skaap A2/3
14 Jan
-
83,51
-0,65
Skaap AB2/3
14 Jan
-
76,19
-0,44
Skaap B2/3
14 Jan
-
74,22
1,03
Skaap C2/3
14 Jan
-
69,25
-0,28
Speenkalf
14 Jan
-
40,35
-0,21
Spekvarke
14 Jan
-
27,93
-0,20
Stoorlammers
14 Jan
-
40,66
-0,02
Varkwors
14 Jan
-
22,58
0,42
Vars Hoender
14 Jan
-
29
-1,13
Vleisvarke
14 Jan
-
27,96
0,36
Wol (skoon)
14 Jan
-
172,35
-8,38

Grond: ‘Beweeg weg van emosie, na rede’

akkreditasie
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Suid-Afrikaners het geloof nodig om die grondvraagstruk op te los.

“Maar ons het wegbeweeg van geloof na emosies (oor grond). Ek bid dat ons beweeg van emosie na rede deur na mense se stories oor hul suksesse en probleme te luister,” het dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou, op Ceres op die Landbouweekblad-PALS-grondsimposium gesê.

Hy het belanghebbendes bedank vir die suksesstories wat reeds bestaan. “Ek is baie dankbaar om te sien wat alles reeds in die Wes-Kaap in die landbou gebeur.”

Meyer het gesê die Wes-Kaap se sterk landboubedryf kan ’n groot impak ten opsigte van grondhervorming maak. Hoewel die Wes-Kaap sowat 10% van Suid-Afrika se oppervlak beslaan en 10% van die bevolking het, maak die Wes-Kaap se landbou 20% van die nasionale landbou-ekonomie uit. “Die landbou in die Wes-Kaap dra dus dubbel sy gewig om voedsel aan die land te voorsien.” 

Die vestiging van meer landbouskole in die Wes-Kaap is een van Meyer se fokuspunte. Die provinsie het tans net drie landbouskole.

Vind die Siyas en Makazoles

“Die sterre val in plek vir die landbou. Ons is besig om groot dinge te doen,” het mnr. Chris Burgess, redakteur van Landbouweekblad, in sy verwelkomingstoespraak gesê. Burgess het vertel van die verskeie gemeenskapsberade wat gevolg het op die suksesvolle grondberaad wat Landbouweekblad verlede jaar saam met Agri SA by Bela-Bela aangebied het. Meer as 60 sprekers het tydens dié beraad gepraat oor die suksesstories en die probleme van boere en hul werkers of vennote wat al projekte aangepak het. 

Burgess het simposiumgangers aangemoedig om vol te hou met die goeie werk wat hulle doen. “Ons hoef net te kyk na die rugby-Wêreldbekertoernooi om te sien wat ons kan bereik as ons saam werk. Ons moet die Siya Kolisi’s en Makazole Mapimpi’s in ons gemeenskappe kry en hulle aanmoedig om die land te help vorentoe beweeg.

“As jy moedeloos voel, onthou net, kyk hoe lank het dit geduur voordat die private sektor die finansiële indeks aanvaar het. Dinge het moeilik gegaan in die eerste 15 jaar, maar vandag is dit ’n florerende platform,” het Burgess gesê. “Onthou wat het oudpres. Nelson Mandela gesê: ‘It always seems impossible until it’s done.’ ” 

Boere deel van oplossing

Mnr. Gerrit van Vuuren, prokureur van Ceres en medestigter van die Witzenberg-PALS-inisiatief, het gesê boere is deel van die oplossing ten opsigte van grondhervorming en projekte. “Menslike ontwikkeling is die sleutelelement van grondhervorming. Die mense wat aan die projek deelneem, vorm deel van die sukses daarvan.”

Die inisiatief is in 2012 gestig. Van 2014 tot 2019 is meer as 100 ondernemings gelys, maar slegs 30% daarvan kon nog geïmplementeer word terwyl die ander 70% nog nie geïmplementeer kon word nie. “In besigheidsterme is dit swak, maar as jy dit met die res van die grondhervormingsprojekte vergelyk, is dit baie goed,” het Van Vuuren gesê. Die Witzenberg-PALS-inisiatief het die afgelope paar jaar 25 kommersiële eenhede al help begin en sowat 1 100 begunstigdes is ten opsigte van projekte geregistreer.

“Hierdie simposium (en die suksesstories wat hier vertel word) bewys hoekom die private sektor grondhervorming moet bedryf en hoekom die staat nie in besigheid betrokke moet raak nie. Grondhervorming gaan oor volhoubare besigheid en onteiening gaan nie die grondhervormingsprobleme oplos nie,” het Van Vuuren gesê.

“Sukses begin met ons manier van dink. Dis maklik om enige mens, plan of inisiatief te kritiseer – die geheim is om ’n beter alternatief voor te stel en betrokke te raak.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.59
-0.8%
Rand - Pond
20.89
-0.0%
Rand - Euro
17.38
+0.0%
Rand - Aus dollar
10.90
+0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Goud
1,791.82
0.0%
Silwer
22.47
0.0%
Palladium
2,379.00
0.0%
Platinum
1,016.00
0.0%
Brent-ruolie
90.03
+0.8%
Top-40
67,021
-0.1%
Alle aandele
73,455
-0.1%
Hulpbronne 10
74,081
-1.4%
Industriële 25
90,993
+0.6%
Finansiële 15
15,218
+1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Selfs die donkerste nag sal eindig en die son sal opkom.
Ek is ń Christen. Ek dink aan myself as iemand met ń sin vir humor, vriendelikheid, verantwoordelikheid, ń liefde vir die natuur, positiewe denke en...
Pret en Plesier
Ek is stout en passievol. Ek lag maklik vir myself en verwag dieselfde. Nou is dit my tyd on Oets nuuts te ondervind. Ek het n interests te storie om te deep.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot