AFGRI
BEAN
06 Des
-
9474,8
132,80
CORN
06 Des
-
4453
9,00
SOYA
06 Des
-
10388
82,00
SUNS
06 Des
-
10575
-71,00
WEAT
06 Des
-
6575
-98,00
WMAZ
06 Des
-
4853,6
-99,40
YMAZ
06 Des
-
4701
-98,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Grond: Kommissie het geldplan om eise te finaliseer

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Alani Janeke
Ter illustrasie. Foto: Alani Janeke
Alani Janeke
Vier moontlikhede sal oorweeg word om finansiering van miljarde rande te bekom om die agterstallige en nuwe restitusie-eise af te handel, het die kommissie vir die herstel van grondregte gesê.

Die kommissie moet nog meer as 6 000 van die nagenoeg 80 000 grondeise finaliseer wat teen einde 1998 ingestel is. Me. Cindy Benyane, waarnemende adjunk-grondeisekommissaris, het aangedui die finansiële model is reeds voltooi en dat daar met die tesourie geskakel sal word. Hoeveel geld die staat verder aan restitusie gaan bestee, sal ook afhang van die uitkoms van die wetgewing waarmee die ad hoc-komitee tans besig is oor die voorgestelde wysigings aan artikel 25 van die Grondwet ten opsigte van grondonteiening sonder vergoeding. Adj.pres. David Mabuza het reeds aangedui daar word oorweeg om restitusiegrond op hierdie manier te benader.

Meer as 160 000 nuwe eise was reeds ingestel toe die hof die tweede ronde eisprosesse tot halt geroep het. Die Wysigingswetsontwerp op die Herstel van Grondregte, wat die eisproses in 2014 vir ’n tydperk van vyf jaar tot 30 Junie 2019 heroopgestel het, is op 28 Julie 2016 deur die Grondwethof as ongeldig verklaar. Die staat het onderneem om eers die ou eise af te handel voordat daar aandag aan die nuut ingediende eise gegee word. Daar word selfs gereken dat tot 8 miljoen grondeise ingestel kan word wanneer die grondeiseproses eendag weer heroopgestel word.

Koste

Mnr. Mandla Mandela, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het gesê na raming is R65 miljard nodig om die ou eise af te handel. Dit sluit die kommissie se lopende koste uit. Ontwikkelingsekonome reken die koste vir byvoorbeeld 397 000 nuwe grondeise kan R129 miljard tot R179 miljard wees as die eise binne 15 jaar afgehandel word.

In die jaarlikse begroting en die toegestane bedrae oor die mediumtermyn-bestedingraamwerk kan gesien word dat die kommissie nie genoeg geld daarvoor het nie. Hy het gevra die kommissie moet ’n vorderingsverslag lewer oor die ontwikkeling en goedkeuring van sy nuwe geldmodel om die eise af te handel. Benyane het gesê uit die beraamde finansiële verpligting van R65 miljard sal die kommissie jaarliks vir slegs R500 miljoen verantwoordelik wees. Die res moet van die restitusie-afdeling van die departement kom.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.38
+0.4%
Rand - Pond
21.21
+0.4%
Rand - Euro
18.22
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.68
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.8%
Goud
1,770.30
+0.1%
Silwer
22.38
+0.6%
Palladium
1,891.26
+0.7%
Platinum
999.02
-0.1%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,657
+0.2%
Alle aandele
74,807
+0.2%
Hulpbronne 10
74,499
-0.4%
Industriële 25
91,762
+0.3%
Finansiële 15
15,686
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
See,Bosveld en Kamp
My geloof is vir my baie belangrik, is spontaan, het ñ goeie sin vir humor. Reik uit na mede gelowiges en minder bevoorregtes. Ek is ñ baie liefdevolle persoon.
Tot die einde.. deur goed en sleg...
EK DINK EK IS VRIENDELIK, BAIE LIEFDE OM TE GEE, N MENSE MENS EN LEWE OM N PERSOON OP MY HANDE TE DRA EN N MAAT TE HE. EK GLO IN EERLIKHEID, OPREGTHEID EN GLO IN WAARDES. EN EK...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot