
‘n Ontleding van grondverkope in Suid-Afrika van transaksies in die Oos-Kaap vanaf Junie verlede jaar tot Mei vanjaar vir grond wat groter as 10 ha is, toon kommerwekkende resultate. In dié tyd is 341 ooreenkomste in 34 distrikte gesluit, wat 203 420 ha teen R2,075 miljard behels het.
By 41,2% van die distrikte is dalende prysneigings waargeneem – ’n duidelike weerspieëling van die invloed van die moeilike landboutoestande in dié provinsie. Groot dalings is onder meer in die distrikte Bedford (18%), Graaff-Reinet (20,3%) en King William's Town (13,5%) aangeteken.
Tipes transaksies
Uit die totale ooreenkomste was 47 transaksies van kleur, 14% van die totaal. Dié soort transaksies sluit in verhandelings tussen individue (36), regeringsaankope van landbougrond (4) en grond verkry vir munisipale gebiede (7). In dié transaksies is 22 753 ha, oftewel 11,2%, ter sprake teen R293 miljoen. Uit die totaal was 83 (24%) transaksies vir grond kleiner as 50 ha, met die meeste (47%) vir grond groter as 300 ha.
Statistieke vir ál die provinsies is op Landbou. com beskikbaar, asook meer besonderhede, soos wie die transaksies aangegaan het. Klik hier.
Dit behels:
¦ Statistieke.
¦ Besonderhede oor alle plaasverkope binne ’n distrik.
¦ Ontleding van die randwaarde per hektaar van transaksies in elke distrik.
* Johann Bornman is ’n ekonoom en voorsitter van Agri Development Solutions.