AFGRI
BEAN
08 Aug
-
8940
0,00
CORN
08 Aug
-
3920
0,00
SOYA
08 Aug
-
8653
0,00
SUNS
08 Aug
-
10306
0,00
WEAT
08 Aug
-
7140
0,00
WMAZ
08 Aug
-
4195
0,00
YMAZ
08 Aug
-
4176
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
29 Jul
-
60,38
0,45
Beeste AB2/3
29 Jul
-
58,48
0,27
Beeste B2/3
29 Jul
-
54,96
0,03
Beeste C2/3
29 Jul
-
47,7
-0,33
Bevrore Hoender
29 Jul
-
30,92
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
29 Jul
-
73,56
1,33
Bokooie
29 Jul
-
52,68
3,15
Groot (meer as 40 kg)
29 Jul
-
43,74
0,12
Hoender (IQF)
29 Jul
-
29,99
-0,06
Medium (30-40kg)
29 Jul
-
58,6
1,92
Pork Average
29 Jul
-
25,84
0,52
Poultry Average
29 Jul
-
30,84
0,04
Skaap A2/3
29 Jul
-
103,69
3,19
Skaap AB2/3
29 Jul
-
87,73
0,49
Skaap B2/3
29 Jul
-
80,62
-1,33
Skaap C2/3
29 Jul
-
77,93
-0,08
Speenkalf
29 Jul
-
37,01
0,05
Spekvarke
29 Jul
-
27,46
0,21
Stoorlammers
29 Jul
-
48,06
0,15
Varkwors
29 Jul
-
21,63
-0,07
Vars Hoender
29 Jul
-
31,63
0,08
Vleisvarke
29 Jul
-
25,68
0,50

Grondhervorming: Hou deure tussen landbou en politici oop

akkreditasie
Mnr. Pierre Vercueil. Foto: Carien Kruger
Mnr. Pierre Vercueil. Foto: Carien Kruger
Geen grondhervorming is moontlik sonder die samewerking van die kommersiële landbou in Suid-Afrika nie.

Daarom moet die kommersiële landbou deurentyd betrokke bly en sy belangrike rol daarin speel. Politiek veroorsaak baie wrywing tussen die landbou en politici. “Dit moet verantwoordelik bestuur word, want deure tussen die politici en die kommersiële landbou móét oopgehou word,” het mnr. Pierre Vercueil, voorsitter van Agri SA, tydens ’n virtuele kongres van Agri Wes-Kaap gesê.

Vercueil het gesê 15 000 plase in Suid-Afrika is te enige tyd op die mark. Of daar veranderinge aan die Grondwet aangebring word met betrekking tot artikel 25 of nie, die rol van die kommersiële landbou sal altyd belangrik bly. “Ons moet aktief daarin betrokke bly. Die georganiseerde landbou moet omstandighede skep om dit vir die kommersiële boer moontlik te maak om altyd by transformasie betrokke te bly.

“Ons moet deel van die oplossing bly, en nie die probleem nie. Baie kwessies bestaan, maar ondanks baie risiko’s moet die georganiseerde landbou betrokke wees om dit die hoof te bied. In die jongste twee jaar was heelwat krisisse waartydens landbou verenigend was.”

Mnr. Villiers Loubser, voorsitter van Agri Wes-Kaap, het gesê waar Suid-Afrika se binnelandse bruto produk (BBP) weens die covid-19-pandemie afgeneem het, het die landbou se bydrae tot die BBP met 13,1% gestyg. Dit, in ’n tyd wat bekend sal staan as van die moeilikste tye in die land se geskiedenis. “Die landbou het bewys hoe aanpasbaar hy is.”

Sowat 45% van alle landbouprodukte wat in die Wes-Kaap geproduseer word, word uitgevoer. Die provinsie se totale landbou-uitvoer het sedert die inperkingsperiode in Maart verlede jaar begin het met 25% toegeneem tot ’n rekordvlak van R74 miljard.

Loubser het ’n beroep op die regering gedoen om te help met werkskepping, terwyl die planne met die voorgestelde veranderinge aan die Wet op Vuurwapenbeheer (Wet 60 van 2000) ook kwel. Agri Wes-Kaap staan ook veranderinge aan artikel 25 van die Grondwet teen. “Die Wes-Kaap het uitstekende opkomende boere. Die regering kan eerder hande vat om sulke boere te help.”

Hy het ’n beroep op boere gedoen om nie in die landbou se vyande se hande te speel nie, en het gevra dat boere verenig in die georganiseerde landbou, nou meer as ooit. “Dit gaan my verstand te bowe dat daar mense is wat dit nie kan insien nie.”

Loubser, wat by Durbanville boer, is herverkies tot voorsitter van Agri Wes-Kaap, terwyl mnr. Heinie du Toit van die Koue Bokkeveld herkies is as ondervoorsitter. Mnr. Liam Viljoen van Malmesbury is as voorsitter van Agri Wes-Kaap se algemene sakekamer herkies, en mnr. Laubscher Coetzee van Oudtshoorn as ondervoorsitter van die sakekamer.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.60
-0.1%
Rand - Pond
20.06
-0.2%
Rand - Euro
16.96
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.56
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Goud
1,790.84
-0.2%
Silwer
20.45
-0.4%
Palladium
2,213.50
-0.4%
Platinum
931.50
-0.6%
Brent-ruolie
96.31
-0.4%
Top-40
63,771
0.0%
Alle aandele
70,266
0.0%
Hulpbronne 10
65,045
0.0%
Industriële 25
85,829
0.0%
Finansiële 15
15,741
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my Bokkie Kom huis toe
Ek is eerlik haat ñ geliegery is opreg what you see is what you get plus more, try me you wish you met me sooner
Kom ons kyk...
Ek soek iemand eerlik. Opreg. Hardwerkend. Geen kans vaters nie. Moet nie my tyd mors nie. Ek hou van lag en gesels, opsoek na my lewensmaat. Die lewe is te kort ons moet...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot