Die portefeuljekomitee vir justisie en korrektiewe dienste het op 1 en 2 Maart openbare verhore gehou oor die Wet op die Grondhof. Die landbousakekamer Agbiz was een van die organisasies wat ’n mondelinge voorlegging aan die portefeuljekomitee gedoen het.
Die Grondhof sal jurisdiksie hê oor sake voortspruitend uit die Wet op die Herstel van Grondregte (Wet 22 van 1994), die Verblyfregwet (Wet 62 van 1997), die Wet op Huurarbeiders (Wet 3 van 1996), die Wet op die Voorsiening van Grond en Bystand (Wet 126 van 1993), die Wet op die Opgradering van Grondbesit (Wet 112 van 1991), die Ingonyama-trustwet (KwaZulu-Natal Wet 3 van 1994), die Wet op Gemeenskaplike Eiendomsverenigings (Wet 28 van 1996) en die Wet op die Tussentydse Beskerming van Informele Grondregte (Wet 31 van 1996).
Die hof sal ook vergoedingsdispute by onteiening besleg.