AFGRI
BEAN
28 Jan
-
8110
0,00
CORN
28 Jan
-
3783
0,00
SOYA
28 Jan
-
8290
0,00
SUNS
28 Jan
-
10990
0,00
WEAT
28 Jan
-
5908
0,00
WMAZ
28 Jan
-
3620
0,00
YMAZ
28 Jan
-
3765
0,00
AMT
Beeste A2/3
14 Jan
-
56,61
2,35
Beeste AB2/3
14 Jan
-
54,81
1,61
Beeste B2/3
14 Jan
-
52,96
1,07
Beeste C2/3
14 Jan
-
46,06
-1,62
Bevrore Hoender
14 Jan
-
28,5
-0,41
Bokkies (onder 30 kg)
14 Jan
-
62,54
1,93
Bokooie
14 Jan
-
44,21
0,09
Groot (meer as 40 kg)
14 Jan
-
48,55
2,07
Hoender (IQF)
14 Jan
-
26
-1,55
Medium (30-40kg)
14 Jan
-
52,27
3,21
Pork Average
14 Jan
-
27,97
0,34
Poultry Average
14 Jan
-
27,83
-1,03
Skaap A2/3
14 Jan
-
83,51
-0,65
Skaap AB2/3
14 Jan
-
76,19
-0,44
Skaap B2/3
14 Jan
-
74,22
1,03
Skaap C2/3
14 Jan
-
69,25
-0,28
Speenkalf
14 Jan
-
40,35
-0,21
Spekvarke
14 Jan
-
27,93
-0,20
Stoorlammers
14 Jan
-
40,66
-0,02
Varkwors
14 Jan
-
22,58
0,42
Vars Hoender
14 Jan
-
29
-1,13
Vleisvarke
14 Jan
-
27,96
0,36
Wol (skoon)
14 Jan
-
172,35
-8,38

Grondsimposium: Grondhervorming in praktyk

akkreditasie
Die Grondsimposium
Die Grondsimposium
Die opvolg op die suksesvolle Bela-Bela-grondberaad.

Inligting

Venue

Kaleo-gasteplaas, Ceres - https://www.kaleomanor.co.za/

Donderdag 14 November

Simposium

Aandgeselligheid

Vrydag 15 November

Plaasbesoeke

Koste

Simposium en plaasbesoeke – R1 200

(Bespreek teen 7 Oktober en betaal net R1 050.)

Net die simposium – R1 000

(Bespreek teen 7 Oktober en betaal net R890.)

Etes, verversings en vervoer na die plase is ingesluit by die kaartjieprys.

Klik hier om jou kaartjie op Quicket te bespreek. 

Program

Die volledige program is hier beskikbaar.

Waarom bied ons die simposium aan?

Die tyd vir praat is verby. Slim praatjies en teorieë gaan ons nêrens bring nie. Regdenkende Suid-Afrikaners wil praktiese grondhervorming toepas op ’n wyse wat ekonomiese groei, werkskepping en sosiale harmonie bevorder.

Op Donderdag 14 November 2019 bied Landbouweekblad en PALS ’n praktiese simposium aan om die lesse wat deur PALS se projekte en boerderye geleer is, maar ook deur ander rolspelers van reg oor Suid-Afrika, in een dag saam te vat sodat die private sektor kan voortgaan om die leiding te neem om grondhervorming op ’n sinvolle manier in werking te stel en sodat volhoubare landboubesighede gevestig kan word om beleggersvertroue te herstel.

Landbouweekblad het verlede jaar die rigtinggewende Bela-Bela-grondberaad aangebied.Dit word steeds deur rolspelers as ’n keerpunt vir die Suid-Afrikaanse landbou beskou. Bela-Bela het bewys dat mense se bereidwilligheid bestaan om saam te werk aan ’n beter toekoms vir alle Suid-Afrikaners.

Die rede vir daardie grondberaad se sukses was eenvoudig. Op Bela-Bela kon boere van reg oor die land – swart en wit – vir die eerste keer bymekaarkom en oor hul oplossings praat. En nie net oor grondhervorming en die vestiging van nuwe boere nie, maar ook hoe om nuwe plattelandse gemeenskappe te bou. Die omvang en gevorderde vlak van wat reeds in Suid-Afrika bereik is, het almal verras. Die werkbare oplossings het aangedui ons is reeds op die regte pad. Sedertdien is nog drie grondberade reg oor die land deur boere aangebied. Die spoed waarteen sake beweeg, is egter nie vinnig genoeg nie en die pogings bly gefragmenteerd.

Praktiese oplossings vir grondhervorming wat alle partye bevoordeel en die ekonomie kan opbou bestaan reeds. ’n Goeie voorbeeld is die Witzenberg PALS-inisiatief wat ontstaan het in die Ceres-vallei in die Wes-Kaap. Hierdie produsentgedrewe grondhervormingsinisiatief was die vonk vir ’n lang lys uitsonderlike suksesverhale wat van ons grootste boere betrek het.

Die PALS-sentrum, van waar af grondhervorming gekoördineer word, is ’n bewese konsep om gefragmenteerde pogings in ’n gebied te hanteer. Die PALS-raamwerk vir die skep van nuwe landboubesighede is oor die afgelope vyf jaar getoets en verfyn.

Boere van kleur word nie net grondeienaars met titelaktes nie, maar hul sukses as boere word verseker deur vennootskappe met bewese kommersiële boere. Die beproefde PALS-raamwerk is gegrond op deeglike sake- en regsbeginsels, en kan oor alle landboukommoditeite toegepas word.

Tot dusver is sukses in die vrugte-, graan-, lewende hawe-, supervrugte-, groente- en sitrusbedrywe behaal – reg oor die land. Dit is dus geen wonder nie dat die Stellenbosse landbou-ekonoom prof. Nick Vink na die PALS-kantoor op Ceres verwys as die “enigste, ware adres vir suksesvolle grondhervorming in Suid-Afrika”.

Landbouweekblad en PALS wil hierdie raamwerk aan Suid-Afrikaanse boere as ’n beskikbare  en pasklaar oplossing vir grondhervorming bekendstel. Die eerste dag van die simposium word toegewy aan kenners – van prokureurs tot energiespesialiste – wat hul vaardighede reeds geslyp het met hul betrokkenheid by suksesvolle PALS-projekte, die kommersiële boere wat betrokke is sowel as begunstigdes wat kan verduidelik hoe hulle die suksesse behaal het. Op die tweede dag sal suksesvolle PALS-projekte in die omgewing besoek word

Hortgro

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.59
-0.8%
Rand - Pond
20.89
-0.0%
Rand - Euro
17.38
+0.0%
Rand - Aus dollar
10.90
+0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Goud
1,791.82
0.0%
Silwer
22.47
0.0%
Palladium
2,379.00
0.0%
Platinum
1,016.00
0.0%
Brent-ruolie
90.03
+0.8%
Top-40
67,021
-0.1%
Alle aandele
73,455
-0.1%
Hulpbronne 10
74,081
-1.4%
Industriële 25
90,993
+0.6%
Finansiële 15
15,218
+1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Selfs die donkerste nag sal eindig en die son sal opkom.
Ek is ń Christen. Ek dink aan myself as iemand met ń sin vir humor, vriendelikheid, verantwoordelikheid, ń liefde vir die natuur, positiewe denke en...
Pret en Plesier
Ek is stout en passievol. Ek lag maklik vir myself en verwag dieselfde. Nou is dit my tyd on Oets nuuts te ondervind. Ek het n interests te storie om te deep.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot