AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
9998,4
-117,60
CORN
20 Mrt
-
4457,6
-43,40
SOYA
20 Mrt
-
8505
-103,00
SUNS
20 Mrt
-
9390
-248,00
WEAT
20 Mrt
-
6630
-41,00
WMAZ
20 Mrt
-
3950
-38,00
YMAZ
20 Mrt
-
4156
-27,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
0,00
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
0,00
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,00
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
0,00
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
0,00
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
0,00
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
0,00
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,00
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
0,00
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
0,00
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,00
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
0,00
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,00
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
0,00
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
0,00
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
0,00
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,00
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
0,00
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,00
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,00
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
0,00
Deel

Groot kommer oor impak van drankverbod op wynbedryf

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Lucille Botha
Ter illustrasie. Foto: Lucille Botha
Die Suid-Afrikaanse wynbedryf is bekommerd oor die negatiewe gevolge wat die derde verbod op alkoholverkope op wynverwante ondernemings gaan hê.

Pres. Cyril Ramaphosa het die verbod aangekondig terwyl hy gisteraand Suid-Afrikaners toegespreek en ingelig het dat die land van vandag tot 15 Januarie 2021 na vlak 3 van inperking terugkeer. Die besluit volg volgens Ramaphosa op die skerp styging in die aantal Covid-19 infeksies die afgelope twee weke.

Die verbod verbied die plaaslike verkoop van alkohol vir tuisverbruik en in restaurante, kroeë en wynproelokale. Alkohol mag ook slegs vervoer word vir uitvoere, na ’n gelisensieerde perseel vir berging en vir die produksie van handreinigers, ontsmettingsmiddels, alkohol vir nywerheidsgebruik en huishoudelike skoonmaakprodukte.

“Ons deel die President se kommer oor die skielike en vinnige groei in positiewe Covid-19 gevalle en verwante sterftes en verstaan die noodsaaklikheid vir drastiese stappe om dit aan te spreek, maar ons is teleurgesteld en uiters bekommerd oor die algemene beleidsbenadering met betrekking tot die verkoop van alkohol wat weer eens deur die regering geneem is in die stryd teen die pandemie,” sê mnr Rico Basson, Vinpro se bestuurshoof, luidens ’n verklaring.

Die verbod wat al twee maal te vore ingestel is, het reeds verskeie ondernemings in die wynbedryf vernietig en beduidende werksverliese tot gevolg gehad. Die bedryf se verlies aan inkomste is reeds meer as R7, 5 miljard. As gevolg hiervan het die bedryf nou meer as 250 miljoen liter ongekontrakteerde wyn, terwyl volgende jaar se oestyd oor twee weke begin. “Hierdie situasie én die derde verbod gaan matelose skade aan die wynbedryf én die 290 000 individue wat hul lewensbestaan uit die wynbedryf maak, berokken,” lui die verklaring.

Voorstelle nie in ag geneem

Basson sê alhoewel die bedryf se 553 wynplase proaktief voorkomende maatreëls ingestel het om werknemers en besoekers op plase te beskerm, trek wynplase nou aan die kortste end in die toerismeseisoen vanweë die algemene beleidsbenadering wat gevolg word, die gedrag van die algemene publiek en die feit dat Covid-regulasies nie nagekom word nie.

“In teenstelling met ? algehele verbod op alkohol het ons voorstelle ingedien wat alternatiewe ingrypings insluit om risiko’s te verminder en formeel met die regering in gesprek te tree. Dit is jammer dat hierdie voorstelle nie in die finale regulasies opgeneem is om sodoende ? gedifferensieerde benadering te verseker nie.” Basson sê hulle glo werklik dat beperkings op wynverkope op ’n minder skadelike manier ingestel kan word, wat die effek op die gesondheidstelsel kan verlig, die verspreiding van die virus kan help verminder, én mense se lewensbestaan kan beskerm.

Basson sê van die lesse wat in vlak 5 en 4 se inperkings geleer is, is dat ’n verbod groei in sluikhandel aanwakker. “Aangesien hierdie onwettige sluikhandel buite die regulatoriese reik van die regering is en grootliks ongekontroleerd plaasvind, het dit tot verwoestende gevolge vanuit ’n gesondheids- en ekonomiese oogpunt gelei.”

Intussen sê mnr Jannnie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, die organisasie is teleurgesteld dat die regering nie ‘n gedifferensieërde benadering gevolg het wat die verbod op die verkope van alkohol betref nie.  “Voorkomingsmaatreëls op wynplase word nougeset toegepas om werknemers en besoekers aan die plaas te beskerm. Die gedrag van die publiek in die algemeen en die nie-nakoming van Covid-regulasies veroorsaak dat wynplase in hul toerisme-seisoen aan die kortste end trek en weer finansiële verliese gaan ly.”  

Volgens Strydom verstaan Agri Wes-Kaap dat Desember tradisioneel ’n tyd is wanneer hospitale uiters besig is en die gesondheidstelsel en -werkers vanjaar onder erge bykomende druk is. “Die wynbedryf probeer egter stelselmatig weer op sy voete kom nadat vroeëre inperkingsregulasies die bedryf miljarde rande gekos het. Die nuwe regulasies gaan die bedryf van voor af benadeel.”

Vinpro, in samewerking met die res van die alkoholbedryf, versoek die regering om die volgende 14 dae deursigtig te wees oor die stand van die gesondheidstelsel om die verbod op kleinhandel- en op-perseelverbruik so gou moontlik te hersien. “Ons doen ook ’n beroep op die regering om regulasies streng af te dwing, aangesien dit nie haalbaar is om strenger regulasies in te stel elke keer wanneer ons gesondheidstelsel ’n krisis beleef sonder die streng polisiëring van die regulasies nie.”

Vinpro raai elke wynverwante onderneming aan om hul deel te doen en nou saam te werk om te verseker dat die aantal nuwe gevalle van Covid-19 afplat sodat die bedryf weer op 15 Januarie 2021 handel kan begin dryf.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.50
-0.5%
Rand - Pond
22.61
-1.1%
Rand - Euro
19.79
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.38
-0.8%
Rand - Jen
0.14
-1.5%
Platinum
980.01
+1.2%
Palladium
1,406.25
-0.4%
Goud
1,982.93
-0.3%
Silwer
22.47
-0.6%
Brent-ruolie
72.97
-2.4%
Top-40
68,030
+1.5%
Alle aandele
73,490
+1.3%
Hulpbronne 10
65,137
+3.6%
Industriële 25
98,552
+1.6%
Finansiële 15
14,914
-1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na mevrou reg
Ek soek iemand om mee te deel en cuddle liefdevol en sosiaal wil wees saam my en saam my will groei
Blank
Ek is redelik jonk van gees. Hou van dans en kook. 'N sin vir humor is belangriker as 'n resiesfiets.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot