AFGRI
BEAN
06 Feb
-
9862,8
194,80
CORN
06 Feb
-
4613
113,00
SOYA
06 Feb
-
9410
130,00
SUNS
06 Feb
-
11080
-15,00
WEAT
06 Feb
-
6761
60,00
WMAZ
06 Feb
-
4368
68,00
YMAZ
06 Feb
-
4444
54,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Grootste brand in VS skep krisis met weiding

akkreditasie
Foto: Vrystaat Landbou
Foto: Vrystaat Landbou
Suid-Vrystaatse boere steier steeds ná die grootste enkele brand wat dié gebied nóg getref het toe 104 235 ha tot op die grond afgebrand het.

Baie van die boere behandel twee weke ná die voorval steeds vee en wild wat in die brand beseer is. Heelparty boere het geen weiding oor nie. As dit nie vir die skenkings was wat hulle tot dusver ontvang het nie, sou hul oorblywende diere volgens hulle van honger gevrek het.

“Ons is ontsettend dankbaar vir almal wat ons tot dusver gehelp het. Wat ons vorentoe gaan doen tot dit reën, weet ek nog nie, maar ons glo daar sal op ’n manier vir ons uitkoms wees,” sê mnr. Schalk van der Merwe van die plaas Sanniesrus in die distrik Tierpoort. Hy het meer as 1 000 hektaar weiveld verloor en sê hy het geen weiding, nie eens op sy huurgrond, oor nie. Tot 173 van sy skape het gevrek weens die brand en hy behandel tans nog 40 vir brandwonde.

“Augustus en September is die doodmaak-maande wanneer die winterweiding wat nog oor is, nie meer veel beteken nie. Ongelukkig reën dit ook nie gras nie, en dit sal nog baie lank duur voor daar weer voldoende weiding is,” sê mnr. Blackie Swart, ’n plaaslike boer wat ramphulp vir die gebied koördineer. Sowat 22 ton veevoer wat deur Nutrifeeds geskenk is, is Dinsdag 27 Julie deur boere van Tierpoort, Edenburg en Jagersfontein by Tom’s Place in ontvangs geneem. Veemedisyne is ook uitgedeel wat deur die hulpfonds Jacobus 1:27 as deel van die Answering the Call-projek geskenk is. Die medisyne is deur bemiddeling van dr. Nico Labuschagne van Vet Health in Bloemfontein bymekaargemaak.

Boere wat in die ry vir hulp gestaan het, sukkel steeds om woorde te vind om die nag van verskrikking te beskryf toe ’n stormsterk wind die vlamme aangedryf het van ’n brand wat uiteindelik 27 uur gewoed en 100 km deurkruis het. Amptelike syfers wat op 22 Julie deur die Vrystaatse sambreelbrandvereniging (FSUFPA) bekend gemaak is, toon dat 35 plase se veld geheel en al gebrand het, met 134 plase wat 90% en 216 plase wat meer as 50% van die veld verloor het.

brande hulp
Suid-Vrystaatse boere wat hul winterweiding in ’n reuse-brand op 12 en 13 Julie verloor het, is nou op skenkings aangewese om hul diere te laat oorleef. Die voermaatskappy Nutrifeeds het ’n vrag met 22 ton voerkorrels geskenk om hulle by te staan. Foto: Vida Booysen
brande hulp
Boere ontvang ’n skenking van veemedisyne om hul diere te help wat in die onlangse brand in die Suid-Vrystaat beseer is. Van links is mnre. Schalk van der Merwe, Blackie Swart, boer van Tierpoort wat ramphulp koördineer, en Philip Viljoen. Foto: Vida Booysen

Mnr. Philip Viljoen van Jagersfontein vertel so ver as wat hy links en regs van hom kon sien, het dit gebrand en die vlamme het telkens van rigting verander soos die wind gewaai het.  “Ek moes ’n ompad van 70 km ry om aan die onderkant van die plaas te kom, waar dit toe begin brand het. Binne 20 minute het 900 ha afgebrand.”

Hy het net lof vir sy werkers wat, terwyl hy elders die vuur beveg het, vinnig ’n plan gemaak en die eerste troppe deur die vlamme tot agter die brand gejaag het sonder dat hulle beseer is. “Met die laaste trop wat in die vleie vasgekeer was, het ek vir hulle gesê ons lewens is belangriker, ons moet nou onsself red, daar is niks meer wat ons vir die beeste kan doen nie.”  Hy het tot dusver reeds 35 koeie met kalwers verloor. Hy is baie dankbaar vir die medisyne wat geskenk is, want hy probeer steeds ’n paar kalwers en koeie deurhaal.

Volgens me. Santa Ferreira, nasionale bemarkingsbestuurder van Nutrifeeds, het hulle besef hoe hoog die nood by boere is wat deur die brand geraak is. “Dit is vir ons ook belangrik dat soveel diere as moontlik behou kan word in die gebied. Daarom het ons nie gehuiwer om in te spring en ’n vrag voer te stuur toe ons gevra is nie.”

Vrystaat Landbou (VL) beraam die verlies aan weiding op sowat R345,5 miljoen, met die vroeë verlies aan vee en infrastruktuur op sowat R33,5 miljoen. Dr. Jack Armour, bedryfsbestuurder van VL, het ’n beroep op die publiek gedoen vir ondersteuning aan die boeregemeenskap in die verwoeste gebiede. Mnese wat wil help, kan VL se webwerf besoek by https://vrystaatlandbou.co.za/fire-disaster-fund/.

Geldelike bydraes kan inbetaal word by Absa, rekeningnr. 470940670, tak 632005, met verwysing BRANDE + jou selnommer.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.64
-1.0%
Rand - Pond
21.26
-1.0%
Rand - Euro
18.97
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.15
-0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
974.71
+0.1%
Palladium
1,565.79
-4.1%
Goud
1,871.34
+0.0%
Silwer
22.31
-0.2%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
73,424
-0.9%
Alle aandele
79,481
-1.0%
Hulpbronne 10
73,872
-1.8%
Industriële 25
103,129
-0.3%
Finansiële 15
16,351
-1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Lewe is n avontuur
Ek is n lewenskustige dame wat daarvan hou om tyd in die natuur deur te bring nie bang vir nuwe uitdagings nie en gereeld opsoek na my volgende avontuur
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot