
Mnr. Llewellyn Brooks, tans die besturende direkteur vir GWK-verhandeling, is deur die maatskappy se direksie as die uitvoerende hoof van die GWK-groep aangewys.
Sy aanstelling volg nadat sy voorganger, mnr. Pieter Spies, hom aan die einde Februarie 2017 by Tiger Brands aangesluit het.
Mnr. Frank Lawrence, voorsitter van die GWK-direksie, het Brooks geloof as ’n sterk leier met die vermoë om die GWK-strategie met volhoubaarheid te implementeer.
Brooks en sy span het onder meer daarin geslaag om ‘n internasionale verhandelingseenheid te vestig met ’n omset van bykans R1 miljard.
“Onder Llewellyn se leiding en met die ondersteuning van ’n sterk GWK-topbestuur, sien ons uit na die volgende fase van volhoubare groei vir GWK,” sê Lawrence.
* GWK en BKB voer samesprekings om moontlik saam te smelt.