
Mnr. Morné George was glo besig om ’n silo skoon te maak toe die ongeluk gebeur het. George was aan die werk om die laaste koring uit ’n silobuis te vee toe vasgepakte koring losgekom het en op hom geland het. ’n Dokter het hom op die toneel dood verklaar.
Mnr. Neil de Klerk, bemarkingsbestuurder van GWK, sê die maatskappy is swaar getref deur die tragedie en ’n plaaslike pastoor is ná die ongeluk gevra om George se naasbestaandes sowel as GWK-personeel by te staan met berading.
’n Geregtelike doodsondersoek word ook gedoen.
Bron: Volksblad