China beywer hom daarvoor dat Amerika alle invoertariewe wat reeds ingestel is, teen einde April moet ophef. Amerika kan egter steeds sekere invoertariewe toepas om sy eie bedrywe teen goedkoper Chinese invoer te beskerm. Die handelsooreenkoms wat teen einde April bereik moet word, het eerstens ten doel om die handelstekort van $200 miljard wat Amerika teenoor China het, te verminder.
Die tweede oogmerk is om die onbillike, en in sommige gevalle diskriminerende, behandeling wat Amerikaanse ondernemings op die Chinese mark ervaar, aan te pak. Dit sluit gevalle in waar besighede waardevolle tegnologie aan China moet oorhandig.
Volgens die Amerikaanse sakekamer kan dié land se bruto binnelandse produk met tot $1 triljard oor die volgende tien jaar krimp indien die tariewe so lank van krag bly.