Dit werp ook ’n skadu oor mnr. Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, se beloftes van verbeterings op Agri SA se onlangse jaarkongres.
Buiten twee brande op 6 en 13 Oktober by Richardsbaai, wat tot ernstige skade en groot vertragings in onder meer houtvlokkie-uitvoer gelei het, het ’n brand op 16 Oktober in die Maydon Wharf van die Durbanhawe Transnet se graanvervoerband beskadig.
Die meeste van Suid-Afrika se graanuitvoer geskied vanuit Durban. Transnet se force majeure- verklaring oor die brand by die Richardsbaai-hawe is die tweede vanjaar.