Boere by Heidelberg het die afgelope vier weke honderde duisende rande bestee om water aan te ry na veesuipings en melkerye, asook vir huisgebruik.
Mnr. Dirk van Papendorp, ’n boer by Heidelberg en lid van die Overberg-watergebruikersforum, sê die nuwe pomp in die Duivenhoksrivierskema van Overberg Water loop nou, maar met die installasie daarvan het hulle op groot probleme met die ander pompe afgekom.
“Nog pompe is buite aksie. Ander raas so dat jy niks anders kan hoor nie. Hul laers moet vervang word. Die grootste pomp van die drie skop elke 19 minute uit.”