AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
10116
0,00
CORN
20 Mrt
-
4609
0,00
SOYA
20 Mrt
-
9375
0,00
SUNS
20 Mrt
-
10040
0,00
WEAT
20 Mrt
-
6639
0,00
WMAZ
20 Mrt
-
4153
0,00
YMAZ
20 Mrt
-
4201
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
0,00
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
0,00
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,00
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
0,00
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
0,00
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
0,00
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
0,00
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,00
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
0,00
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
0,00
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,00
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
0,00
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,00
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
0,00
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
0,00
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
0,00
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,00
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
0,00
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,00
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,00
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
0,00
Deel

Helikopters help Wes-Kaapse brande gou blus

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Johan Norval
Foto: Johan Norval
Die Wes-Kaap se regering vra die publiek om verantwoordelik op te tree wat oop vure betref, veral met die warm en winderige toestande gedurende die somermaande.

Deur helikopters “eerder vroeër as later” in te span, kon Wes-Kaapse veldbrande die afgelope maand baie doeltreffend in bedwang gebring word.

Mnr. Anton Bredell, Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, sê deur voorkeur te gee aan lugondersteuning, kon hulle sowat 90% van brande binne die eerste uur blus.

“Hoewel dit duur is, keer dit dat klein brande in wegholbrande ontaard wat ernstige skade aan eiendom of selfs lewensverlies kan meebring.”

Mnr. Ennie Stofberg, ’n vrugteprodusent van Dwarsberg Trout Hideaway naby Rawsonville, het vroeër vandeesmaand aan Landbouweekblad gesê hulle het lig afgekom van ’n bergbrand in die Dwarsberg.

“Danksy die vinnige optrede van drie helikopters het ons geen skade gely nie.”

Dit het die Wes-Kaapse regering in Januarie meer as R10 miljoen uit die sak gejaag om brande te beveg. Dit sluit 14 groot brande en dosyne kleineres in.

“Die koste sluit 24 lugeenhede in, wat wissel van opsporingsvliegtuie teen R4 000 per uur, tot ’n groot Black Hawk-helikopter teen ’n koste van R78 000 per uur.”

Tot dusver het ’n brand op 8 tot 12 Januarie by Kleinmond, wat oor sowat 5 372 ha gewoed het, die meeste skade aangerig. Altesaam 10 ha kommersiële fynbosaanplantings het in die slag gebly en plaasheinings is verwoes.

“Mense besef nie dat daar dikwels verskeie brande is wat gelyktydig bestry moet word nie. Tydens die Kleinmond-operasie was daar ook nege ander brande wat aktiewe ingryping deur branddienste nodig gehad het,” sê Bredell in ’n verklaring.

Met warm somerweer wat oor die volgende paar maande verwag word, is dit noodsaaklik dat mense verantwoordelik omgaan met oop vure, het Bredell gemaan.

“Meld enige brande gou aan by die naaste plaaslike gesagliggaam. Dit sal ons help om spoedeisend op te tree.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.58
-0.3%
Rand - Pond
22.77
-0.1%
Rand - Euro
19.97
-0.6%
Rand - Aus dollar
12.42
+0.2%
Rand - Jen
0.14
+0.3%
Platinum
989.40
+0.5%
Palladium
1,416.85
0.0%
Goud
1,968.67
-0.5%
Silwer
22.48
-0.3%
Brent-ruolie
73.79
+1.1%
Top-40
68,799
0.0%
Alle aandele
74,271
0.0%
Hulpbronne 10
65,660
0.0%
Industriële 25
99,818
0.0%
Finansiële 15
15,066
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel en soekend
Ek is lewenslustig en vriendelik hulpvaardig hou van die buite lewe kamp bosveld see en sport is n goeie luisteraar
Introvert tot ek gemaklik is. Omgee mens. Onafhanklik en soek my beste maat.
Ek is netjies op myself en my huis. Ek het n passie vir DIY. dit hou my besig. Ek hou van dans, braai en kuier maar ook om te ontspan voor die tv. Ek geniet kuns markte en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot