AFGRI
BEAN
01 Jun
-
8572
126,00
CORN
01 Jun
-
4110
61,00
SOYA
01 Jun
-
7890
140,00
SUNS
01 Jun
-
8255,2
79,20
WEAT
01 Jun
-
6565
27,00
WMAZ
01 Jun
-
3702,8
20,80
YMAZ
01 Jun
-
3846,8
29,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Het SAB suur druiwe oor Heineken en Distell?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Heineken-bier word sedert 1873 gebrou en in 192 lande geniet. Die bierbrouer het wel reeds sy voete in die wynbedryf begin steek en van Distell se bekende wynhandelsmerke sal deel vorm van die voorgenome transaksie waarvolgens Distell deel kan word van Heineken. Foto: Verskaf
Heineken-bier word sedert 1873 gebrou en in 192 lande geniet. Die bierbrouer het wel reeds sy voete in die wynbedryf begin steek en van Distell se bekende wynhandelsmerke sal deel vorm van die voorgenome transaksie waarvolgens Distell deel kan word van Heineken. Foto: Verskaf
Die beoogde samesmelting tussen Distell en Heineken is opnuut onder die soeklig nadat die mededingingstribunaal verlede week met sy verhoor oor die voorgenome transaksie begin het.

Die transaksie se waarde gaan ongeveer R40 miljard beloop en die nuwe entiteit sal as Newco bekend staan.

Distell besit die gewilde siderhandelsmerke Savanna en Hunters. Die Heineken-groep brou Heineken, Amstel en Windhoek in Suid-Afrika en vervaardig en versprei ook Strongbow-sider in Afrika.

Die mededingingskommissie se voorstelle en besware oor sekere kwessies soos mededingendheid is verlede week bespreek. In sy ondersoek het die mededingingskommissie bevind die twee samesmeltende partye ding baie sterk met mekaar mee wat betref die sider-handelsmerke Strongbow en Hunters. Die kommissie het toe bevind die voorgenome transaksie sal daarom ’n beduidende impak op kompetisie in die mark vir siders en alkoholiese vrugtedrankies hê.

Heineken het ná die kommissie se besware oor die impak op mededingendheid in die sider-mark voorgestel hy is bereid om afstand te doen van die lisensie om Strongbow in Suid-Afrika te vervaardig en te versprei. Die kommissie het die voorstel aanvaar en aanbeveel die transaksie kan voortgaan mits ander voorwaardes, soos aandeelhouding, ook nagekom word. Strongbow sal onder meer verkoop moet word aan ’n maatskappy waarvan die meerderheid eienaarskap in swart besit is.

AB InBev, die grootste bierbrouer ter wêreld en eienaar van SAB, het egter beswaar gemaak teen die voorstel om Heineken se Strongbow te verkoop. SAB wil eerder hê Distell moet sy Hunters-handelsmerk verkoop. SAB sal ook nie omgee as Distell sy Savanna-handelsmerk verkoop nie, maar trek neus op vir Strongbow al het SAB aanvanklik belangstelling in Strongbow getoon.

Volgens Business Day het mnr. Richard Rivett Carnac, uitvoerende hoof van SAB, tydens die sitting gesê indien Heineken afstand doen van Strongbow, sal dit steeds nie sorg vir voldoende mededinging in die plaaslike sider-mark nie – en om dié rede moet Hunters óf Savanna eerder verkoop word.

Rivett Carnac het ook laat blyk SAB wil self die sider-mark betree.

Adv. Jerome Wilson wat Heineken en Distell verteenwoordig, het aan die tribunaal gesê die samesmelting is “baie voordelig vir mededinging”.

“Dit is onduidelik watter belang SAB het, buiten vir die voor die hand liggende dat dit die goedkeuring van die transaksie kan vertraag,” het Wilson gesê.

Volgens Wilson het die twee partye ook met die departement van handel, nywerheid en mededinging ooreengekom om beleggings ter waarde van R16 miljard oor ’n tydperk van vyf jaar in Suid-Afrika te maak. ’n Nuwe brouery is een van die beoogde beleggings.

Afleggings moontlik

Fin24 berig Heineken se verteenwoordiger, mnr. Joost Broekmaat, het aan die tribunaal gesê daar is ’n maksimum van 166 poste wat gaan oorvleuel as die samesmelting voortgaan. Dit kan in die slag bly. Dié getal is aangepas van die aanvanklike skatting van die 230 hoofsaaklike bestuursposte.

Die mededingingstribunaal het sy sitting vandeesweek voortgesit. Teen druktyd is die uitkoms nog nie bekend gemaak nie. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.62
+0.5%
Rand - Pond
24.57
-0.1%
Rand - Euro
21.12
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.90
-0.6%
Rand - Jen
0.14
+0.1%
Platinum
1,005.57
+0.2%
Palladium
1,389.38
+0.9%
Goud
1,977.10
+0.7%
Silwer
23.86
+1.5%
Brent-ruolie
72.60
-1.5%
Top-40
70,656
+0.9%
Alle aandele
75,783
+0.9%
Hulpbronne 10
68,962
+2.1%
Industriële 25
102,956
+0.2%
Finansiële 15
14,630
+1.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin n nuwe boek saam [geskrap]
Ek is hier om iemand spesiaal te ontmoet om saam n nuwe lewe te kan begin. Ek [geskrap] hou van om die lewe te geniet en te lag. Hou van kosmaak en braai. Ek hou van om langs...
Kom ons skryf ons eie Roman
Ek is sag geaard baie liefde vol Goeie hart Hou nie van baklei nie Hou van tyd weg van huis af Hou van uit eet en lekker dans My familie en Kinders is my lewe
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot