
Die kampioenskap bestaan uit meer as 100 klasse kaas, joghurt, melk en ander suiwelprodukte. Verlede jaar is 945 produkte deur 83 suiwelvervaardigers vir die kampioenskap ingeskryf. Altesaam 15 vervaardigers het verlede jaar vir die eerste keer deelgeneem.
Inskrywings vir vanjaar se kampioenskap is oop vir alle suiwelprodusente en sluit 7 Februarie. Meer as 70 beoordelaars sal op 28 Februarie besluit watter produkte die room van die suiwelbedryf is. Vyf beoordelaars sal die produk van die jaar aanwys. Die wenners in die onderskeie klasse word tydens die Qualité-dinee op 29 Maart bekroon.
Die kampioenskap word sedert 1834 deur Kaap die Goeie Hoop Landbougenootskap, nóú Agri-Expo, aangebied. Volgens mnr. Johan Ehlers, hoof uitvoerende beampte van Agri-Expo, is die uitsluitlike doel van die kampioenskap om uitnemendheid in die suiwelbedryf te bevorder.
“Die SA Suiwelkampioenskap is die enigste kompetisie wat alle suiwelprodukte in Suid-Afrika betrek en het die maatstaf geword waarvolgens produsente hulself teen mekaar meet. Die Qualité-merk word deur die bedryf erken as die enigste merk van gehalte vir suiwelprodukte in Suid-Afrika,” sê Ehlers.
Inskrywings vir die 2019-kampioenskap is reeds oop en beskikbaar by www.cheesesa.co.za. ir meer inligting, besoek www.cheesesa.co.za of kontak Agri-Expo by 021 975 4440 of cheese@agriexpo.co.za.
Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.