AFGRI
BEAN
25 Nov
-
9000
0,00
CORN
25 Nov
-
4468
0,00
SOYA
25 Nov
-
10240
0,00
SUNS
25 Nov
-
11275
0,00
WEAT
25 Nov
-
6695
0,00
WMAZ
25 Nov
-
5274
0,00
YMAZ
25 Nov
-
5018
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
11 Nov
-
157,79
-1,69
Ave Wool - RWS
11 Nov
-
166,91
2,42
Beeste A2/3
11 Nov
-
60,08
-0,01
Beeste AB2/3
11 Nov
-
56,81
0,56
Beeste B2/3
11 Nov
-
52,15
-0,80
Beeste C2/3
11 Nov
-
48,73
-0,12
Bevrore Hoender
11 Nov
-
31,94
-0,12
Bokkies (onder 30 kg)
11 Nov
-
63,1
0,10
Bokooie
11 Nov
-
43,61
4,61
Groot (meer as 40 kg)
11 Nov
-
46,34
2,08
Hoender (IQF)
11 Nov
-
31,3
-0,20
Medium (30-40kg)
11 Nov
-
60,71
6,10
Pork Average
11 Nov
-
34,12
-1,93
Poultry Average
11 Nov
-
32,11
-0,25
Skaap A2/3
11 Nov
-
90,18
-0,27
Skaap AB2/3
11 Nov
-
75,17
-0,35
Skaap B2/3
11 Nov
-
72,99
-1,21
Skaap C2/3
11 Nov
-
69,21
-1,49
Speenkalf
11 Nov
-
36,96
-0,14
Spekvarke
11 Nov
-
34,51
-0,93
Stoorlammers
11 Nov
-
41,2
1,38
Varkwors
11 Nov
-
26,82
-1,04
Vars Hoender
11 Nov
-
33,1
-0,44
Vleisvarke
11 Nov
-
33,99
-1,96

‘Hierdie (rooivleis)storm gáán bedaar,’ bemoedig RPO-leier

akkreditasie
Foto: Johan van der Merwe
Foto: Johan van der Merwe
Die vraag na rooivleis gaan wêreldwyd in die volgende jaar styg, en produsente moet gereed wees daarvoor.

Volgens projeksies gaan beesvleisverbruik met 24% klim en dié van skaapvleis met 11%. “Ons sit met ’n mislukte staat wat nie meer behoorlik dienste aan die landbou kan gee nie, en dus sal bedryfsorganisasies soos die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) dit op hulself moet neem om nodige dienste te lewer.” Só het mnr. Koos van der Ryst, nasionale voorsitter van die RPO op die jaarvergadering van die Wes-Kaapse RPO op Laingsburg gesê.

Die Suid-Afrikaanse rooivleisprodusent se langtermyndoelwitte moet wees om markte te ontwikkel, uitvoer te verhoog, dieregesondheid te verbeter, produksie te verhoog, werkloosheid en korrupsie te beveg en die ekonomie te help groei. “Die vraag na rooivleis bestaan en dit groei. Dit bied uitstekende geleenthede vir groei in die bedryf. Ons  moet egter nie ons plaaslike mark verwaarloos nie – ons moet dit koester,” het hy gewaarsku. 

Storm gaan bedaar

Suid-Afrika sit sedert Januarie vanjaar vasgevang in ’n perfekte storm. ’n Bek-en-klouseer-uitbreking het voorgekom, mielieboere het later geplant, die ekonomiese krisis het erger geword en die land sit met ’n ware werkloosheidsyfer van 40%. Dit alles maak die rooivleisprodusent bekommerd en pessimisties.

“Maar hierdie storm gáán bedaar,” het Van der Ryst gesê. Die rooivleisprodusent soek ’n regverdige prys vir sy produk en onlangse prysdalings was in der waarheid blote markregstellings.

Die uitvoerende raad van die RPO het ’n strategiese plan ontwikkel om ’n mededingende bedryf met waardetoevoeging daar te stel. “Ons ontwikkel ’n strategie van verhoudings bou en bedingingsmag in die waardeketting.”

Produsente moet besef hulle is nie alleen in die waardeketting nie. Hulle moet voortdurend met ander belanghebbendes kommunikeer. “Die tyd sal kom dat ons 10% van ons rooivleisproduksie sal kan uitvoer na hoëwaardemarkte. Só sal ons produsente beter vergoed en die hele bedryf meer volhoubaar word.

“Ons moet onthou ons het verbruikers met geld vir ons produk nodig. Ons moet hulle inlig oor rooivleis en hulle koester,” het hy gesê. Daar is geen kitsoplossings in die bedryf nie. Die probleme  moet gepak word om meer te produseer, beter tegnologie te gebruik en produksiestelsels op te knap.

Hy het  rooivleisprodusente wat nie lede van die RPO is nie,  versoek om aan te sluit en te ervaar wat die organisasie vir hulle kan beteken en beding.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.09
-0.4%
Rand - Pond
20.66
+0.0%
Rand - Euro
17.80
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,754.60
0.0%
Silwer
21.61
0.0%
Palladium
1,856.61
0.0%
Platinum
984.00
0.0%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
-0.0%
Alle aandele
73,151
+0.0%
Hulpbronne 10
71,441
-0.1%
Industriële 25
87,347
-0.2%
Finansiële 15
16,370
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Goeie
Goeie sin vir himor, baie eerlik, hou van die bosveld dan die see en wil net mens wees. en lewe nie alleen oud word Nie.
'n Vrou met vele talente...
Ek is 'n enkel Mamma wat daarvan hou om kreatief te wees. Ek is lief vir die Here! Ek hou van golf (huidiglik begin speel), hekel, puzzles bou, liedjies te skryf, musiek te...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot