
Die African Farmers’ Association of South Africa (Afasa) moedig alle boere in streke wat skade gely het weens die erge hittegolf, aan om foto’s te neem en dit aan die departement van samewerkende regering en tradisionele sake se rampbestuursentrum te stuur.
Mnr. AJ Mthembu, president van AFASA, sê hulle hoop die regering sal dan ingryp en die boeregemeenskap help om die risiko’s te versag.
Dié versoek kom nadat ’n hittegolfwaarskuwing vandeesweek deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens uitgereik is vir dele van Gauteng en KwaZulu-Natal.
Mthembu doen ook ’n beroep op boere om ekstra veiligheidmaatre?ls in te stel om plaaswerkers teen die son te beskerm
Dit volg nadat sewe plaaswerkers in die Noord-Kaap onlangs weens hitte-uitputting dood is.
“Ons moedig boere aan om met innoverende maniere vorendag te kom om hul werkers te beskerm, om te verseker dat hulle gehidreer bly deur altyd veilige drinkwater toeganklik te maak, hul skofte te verander om blootstelling aan die son tot die minimum te beperk en, waar moontlik, te konsentreer op onderskuilingsaktiwiteite tydens die dag,” sê Mthembu.
Afasa het verslae ontvang van oesskade en die verhoogte vrektesyfer by hoenders weens die hittegolf.
“Die hittegolf is ’n bykomende las vir ’n sektor wat reeds in nood is as gevolg van beurtkrag.”Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.