AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Hoender: Astral teleurgesteld in uitwerking van invoertariewe

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Astral Foods
Ter illustrasie. Foto: Astral Foods
Hoër invoertariewe op hoenderstukke aan die been en beenlose stukke het nie naastenby die uitwerking gehad waarop die geïntegreerde pluimveeprodusent Astral Foods gehoop het nie.

“Ons het gehoop invoer sou met 50% daal,” het mnr. Chris Schutte, uitvoerende hoof, met die bekendmaking van die maatskappy se jaarresultate gesê.

In Astral se boekjaar tot einde September was invoer slegs 10% laer as in die vorige ooreenstemmende tydperk.

Schutte het gesê die hoër tariewe, wat in Maart in werking getree het, was nie so hoog as waarvoor die bedryf gevra het nie.

Hoewel die tariewe nou al nege maande gehef word, het mnr. Gary Arnold, besturende direkteur van Astral se landbou-afdeling, gesê weens Covid-19 se gevolge is dit nog onseker wat die volle uitwerking daarvan gaan wees.

Schutte meen egter die feit dat invoer nie meer gedaal het nie, kan op storting dui.

“As invoertariewe verdubbel het en die rand het verswak, maar die volume invoer is steeds hoog, dan beteken dit mos (die buitelandse produsent) pas net sy pryse aan.”

Die bedryf is volgens Arnold met die samewerking van die departement van handel, nywerheid en mededinging besig met ’n teenstortingsaansoek, wat ’n invloed op invoer uit Brasilië kan hê.

’n Verbod op invoer uit sekere lande in die Europese Unie (EU) weens uitbrekings van voëlgriep daar kan invoer uit dié lande raak.

Groter kapasiteit

Astral het intussen teen R710 miljoen sy kapasiteit met 16% uitgebrei om 800 000 meer hoenders per week by sy Festive-aanleg in Olifantsfontein, Gauteng, te kan slag, as deel van sy verbintenis tot die pluimveemeesterplan.

Mnr. Andy Crocker, besturende direkteur van Astral se kommersiële afdeling, het gesê al die kapasiteit word nog nie benut nie. ’n Bykomende 200 000 hoenders sou vanaf April geslag word, maar weens Covid-19 is bykomende kuikens nou eers geplaas.

Schutte het gesê die bykomende kapasiteit en die buigsaamheid wat dit bied, gaan goed gebruik kan word omdat Astral se aandeel in verskaffing aan die kitskosbedryf vanjaar gegroei het en nog verder kan groei.

Volgens Crocker het KFC en Nando’s, van die kitskosgroepe aan wie Astral hoenders verskaf, in die hersteltyd ná die streng inperking groei getoon. Schutte het gesê Astral het sy bande met KFC en Nando’s juis versterk in die tyd toe die kitskosbedryf gesluit was.

Dié sluiting en ander Covid-19-beperkings het teen Julie gelei tot “ongemaklike vlakke” van pluimveeprodukte, wat ook pryse laat daal het. Volgens Schutte het dit nou genormaliseer.

Duurder voer

Schutte het gesê Astral se jongste resultate is, vergeleke met dié van mededingers en ander ondernemings,  bevredigend.

Sy inkomste het met 5% gestyg, bedryfswins het met 5% gedaal en wesensverdienste per aandeel was R14,41, vergeleke met die vorige boekjaar se R16,74.

Die hoenderafdeling se inkomste het met 4,3% gestyg, maar sy bedryfswins het met 20,5% gedaal.

Hoendervoer het 7,7% duurder geword weens die hoër koste van onverwerkte materiaal. Voerkoste beloop sowat 65% van die koste van ’n lewende braaihoender.

Astral het egter daarin geslaag om sy voeromsettingsdoeltreffendheid verder te verbeter, wat gedeeltelik vir die hoër voerkoste vergoed het.

Volgens Schutte verwag die maatskappy dat handelstoestande moeilik gaan bly, gegewe die ongeëwenaarde hoë werkloosheidskoers en die druk op verbruikers se besteebare inkomste.

Water en krag

Benewens buitengewone Covid-19- verwante uitgawes moes Astral weer eens geld bestee, naamlik R62 miljoen, om te verseker sy bedrywighede het krag en water, veral op Standerton.

Die maatskappy gebruik sedert Junie tru-osmose by sy aanleg op dié dorp in Mpumalanga nadat dit vroeër suksesvol by sy County Fair-aanleg in die Wes-Kaap geïnstalleer is.

“Dit maak jou 40% minder afhanklik van die strukture wat water voorsien. Dit is boonop goedkoper water,” het Schutte gesê. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.48
+0.4%
Rand - Pond
21.48
+0.1%
Rand - Euro
18.42
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
+0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Goud
1,798.42
-0.3%
Silwer
23.21
+2.0%
Palladium
1,898.90
-2.4%
Platinum
1,021.00
-2.2%
Brent-ruolie
86.88
-0.1%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
See,Bosveld en Kamp
My geloof is vir my baie belangrik, is spontaan, het ñ goeie sin vir humor. Reik uit na mede gelowiges en minder bevoorregtes. Ek is ñ baie liefdevolle persoon.
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot