AFGRI
BEAN
28 Mrt
-
9617
0,00
CORN
28 Mrt
-
4624
0,00
SOYA
28 Mrt
-
8120
0,00
SUNS
28 Mrt
-
8620
0,00
WEAT
28 Mrt
-
6506
0,00
WMAZ
28 Mrt
-
4034
0,00
YMAZ
28 Mrt
-
4048
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Hoender: Hoër invoertarief nou nodig

’n Hoër invoertarief is die beste manier om die speelveld tussen plaaslike en internasionale hoenderprodusente gelyk te maak.

'n Invoertarief van tussen 13,9% en 45% sal die beste manier wees om die speelveld tussen plaaslike en buitelandse hoenderprodusente gelyk te maak, sê 'n kenner van die bedryf.

Dit sal Suid-Afrikaanse produsente vergoed vir die feit dat hul voerkoste hoër as hul buitelandse mededingers s'n is, en omdat hulle nie soos hul mededingers subsidies kry nie, sê mnr. Izaak Breitenbach, sakekonsultant in die landbou en voedselverwerkingsbedryf.

'n Voorlopige beskermingstarief van 13,9% geld tot 3 Julie op alle ingevoerde hoenderstukke aan die been uit die Europese Unie (EU) en die Kommissie vir Internasionale Handelsadministrasie (Itac) moet voor dan oor 'n finale tarief besluit.

Die Ekonomiese Vennootskapsooreenkoms tussen die EU en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap maak voorsiening daarvoor dat 'n land 'n bedryf tydelik met so 'n tarief kan beskerm. Die hoenderbedryf verdien beskerming, want hy is die slagoffer van strukturele probleme, sê Breitenbach. Dit sou “selfmoord” wees om dié grootste landboubedryf met sy groot rol in voedselsekerheid, as verbruiker van mielies, en as werkskepper, op te offer.

Breitenbach was vroeër besturende direkteur van Afgri Pluimvee en tot September verlede jaar, toe hy sy eie konsultasie-onderneming begin het, senior besturende direkteur van Afgri se voedselverwerkingsafdeling.

Klimaat en subsidies

Hy sê weens Suid-Afrika se semi-woestynklimaat is die plaaslike bedryf se voerkoste hoër as dié van produsente in invoerlande. Verlede jaar was veral erg, omdat die mielieprys weens die droogte en die verswakking van die rand met tot 180% gestyg het.

Breitenbach sê Suid-Afrikaanse produsente behaal goeie voeromset en is volgens 'n Nederlandse studie die vyfde mededingenste bedryf in die wêreld. Drie jaar gelede was produksiekoste in Europa R23,50/kg, maar Nederlandse maatskappye kon weens 'n uitvoeraansporingsmaatreël agterkwarte teen sowat R16,50/kg in Suid-Afrika invoer. Dit beteken dit was 'n gesubsideerde produk, sê Breitenbach.

Benewens sulke uitvoeraansporings geld subsidies van tot 70% in die Europese graanbedryf. “Volgens my raming is produksiekoste in Suid-Afrika, vir 'n heelhoender, nou tussen R18,50/kg en R20,50/kg.”

Uitvoer

Die plaaslike bedryf word aangemoedig om uit te voer om volhoubaar te wees. Breitenbach sê egter die bedryf kon weens fitosanitêre vereistes nog nooit na Europa, Amerika en Brasilië uitvoer nie.

“Suid-Afrikaanse hoenderprodusente voldoen aan die streng biosekuriteit of siekteprotokolle van al dié lande, maar die pluimvee-omgewing búite kommersiële produsente se hoenderhuise voldoen nie.

“Agterplaas-pluimveeproduksie keer dat Suid-Afrika aan die fitosanitêre vereistes van dié belangrike markte kan voldoen.” Midde-Oosterse lande is die enigste moontlike uitvoerbestemmings, maar dit is makliker gesê as gedaan, omdat hul vereistes die hele tyd verander.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.24
+0.3%
Rand - Pond
22.47
+0.1%
Rand - Euro
19.73
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.20
-0.2%
Rand - Jen
0.14
-0.4%
Platinum
970.72
+0.3%
Palladium
1,409.49
+0.6%
Goud
1,959.87
+0.2%
Silwer
23.04
-0.2%
Brent-ruolie
78.12
+4.0%
Top-40
69,785
0.0%
Alle aandele
75,284
0.0%
Hulpbronne 10
64,924
0.0%
Industriële 25
102,191
0.0%
Finansiële 15
15,417
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na liefde
Ek is eerlike opreg en weet hoe om ' n dame spesiaaal te laat voel. Ek hou ook van buite lewe en avontuurlustig
Blank
Ek is redelik jonk van gees. Hou van dans en kook. 'N sin vir humor is belangriker as 'n resiesfiets.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot