AFGRI
BEAN
05 Jun
-
8540
35,00
CORN
05 Jun
-
4137
104,00
SOYA
05 Jun
-
7760
41,00
SUNS
05 Jun
-
8341
41,00
WEAT
05 Jun
-
6560,2
-13,80
WMAZ
05 Jun
-
3725
30,00
YMAZ
05 Jun
-
3855
42,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

Hoër kanaalmuur lewer meer water vir besproeiing

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die werk is voltooi om die muur van die Brandvleidam-kanaal by Worcester te verhoog. Dié foto is met die amptelike ingebruikneming geneem. Foto: departement van water en sanitasie
Die werk is voltooi om die muur van die Brandvleidam-kanaal by Worcester te verhoog. Dié foto is met die amptelike ingebruikneming geneem. Foto: departement van water en sanitasie
Danksy die verhoging van die muur van die kanaal wat water na die Brandvleidam bring, kan ’n bykomende 4 400 ha vir besproeiingslandbou ontwikkel word en ekonomiese groei in die Breederiviervallei só ’n hupstoot kry.

Die verhoogde kanaalmuur naby Worcester is op 10 Februarie amptelik deur mnr. Senzo Mchunu, minister van water en sanitasie, in gebruik geneem.

Die muur is vir 4 km met 30 cm verhoog. Dit beteken ’n bykomende 33 miljoen kubieke meter water kan in die dam opgegaar word, sê die departement van water en sanitasie in ’n verklaring.

Dit maak die uitbreiding van besproeiingslandbou moontlik, wat die landbou-ekonomie van die omgewing ’n hupstoot sal gee en geleenthede vir indiensneming en sake-ontwikkeling in die Breederiviervallei sal bevorder.

Brandvleidam, kanaal
Die verhoging van die kanaalmuur met 30 cm beteken meer water kan in die Brandvleidam opgeberg word en landbouproduksie onder besproeiing kan uitgebrei word. Foto: departement van water en sanitasie

Mchunu het op die seremonie die werkers vir hul toewyding bedank. Die projek is in Oktober verlede jaar voltooi, binne die beoogde tyd en ook binne die begroting.

“Met die winterreën wat nader kom, is dit die mees geskikte tyd om die kanaal te oorhandig,” het hy gesê.

Die Brandvlei-voedingskanaal is deel van die Groter Brandvlei-waterskema. Dit word deur die departement bedryf en bestaan uit twee staatsdamme, Brandvlei- en Kwaggaskloofdam.

Mnr. Anton Bredell, Wes-Kaapse minister vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, het gesê die projek ter waarde van R21 miljoen sal na verwagting die groei van die landbou-ekonomie van die streek versnel en stimuleer en benewens bykomende besproeiing ook boere stroomaf se watersekerheid verbeter.

“Die Brandvlei-kanaalprojek, wat deur die nasionale departement van water en sanitasie gefinansier en bestuur is, is ’n goeie voorbeeld van hoe belegging van ’n relatief klein hoeveelheid geld baie groter voordele kan meebring,” het hy in ’n verklaring deur sy departement gesê.

Clanwilliamdam moet aandag kry

Bredell het gevra dat die vergroting van die Clanwilliamdam, ’n projek van R3,5 miljard, nou Mchunu se volle aandag moet geniet. “Dié projek sal watersekerheid aan die boeregemeenskap van die Benede-Olifantsrivier bied en dit moontlik maak om ’n bykomende 6 000 ha besproeiingslandbou te ontwikkel. Dit sal die hele streek help om ekonomies te groei, werk te skep en armoede te bestry.”

Volgens hom is waterinfrastruktuur, soos die Brandvlei- en Clanwilliamdam, asook munisipale reservoirs, watersuiweringsaanlegte, boorgate en pypnetwerke basiese instrumente waarmee watersekerheid aandag kan kry, veral in die konteks van klimaatsverandering en ’n groeiende bevolking.

“Daar word voorspel dat die Wes-Kaap warmer en droër gaan word. Terselfdertyd het ons ’n positiewe bevolkingsgroei. Ons moet waterinfrastruktuur beplan en daarin belê om seker te maak ons kan basiese dienste, soos water- en riooldienste, aan al ons inwoners verskaf.”

Bredell is bekommerd omdat die damvlakke in die Wes-Kaap volgens die jongste syfers gemiddeld 50,9% is. “Ons is nog nie deur die somer nie en kan nie voorspel hoe ons winterreënseisoen gaan lyk nie.”

Hy het gesê dit is nodig dat die nasionale departement van water en sanitasie en belanghebbers in die watersektor meer gereeld byeenkom om die behoefte aan waterbeperkings te bepaal. “Die departement beoordeel die situasie tans een keer per jaar, in November, maar teen volgende November kon die situasie al te ver versleg het.” 

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.27
+1.3%
Rand - Pond
23.96
+1.4%
Rand - Euro
20.65
+1.3%
Rand - Aus dollar
12.75
+1.1%
Rand - Jen
0.14
+0.9%
Platinum
1,030.46
+2.5%
Palladium
1,413.51
-1.6%
Goud
1,962.22
+0.7%
Silwer
23.60
-0.1%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,422
-0.8%
Alle aandele
76,603
-0.7%
Hulpbronne 10
69,348
-1.4%
Industriële 25
103,842
-1.2%
Finansiële 15
14,979
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom kyk saam met my die sonsondergang oor die see.
Ek dink nie ek is n slegte ou nie en kan n goeie vriend wees aan iemand. Ek hou nie van valse mense nie. Wanneer my kop bietjie besoedel is spring ek op my motorfiets en dit...
Wonderwerke vir Liefde....
Leer my ken om uit te vind. daar is baie! Ek hou van te veel dinge, die natuur en nuwe uitdagings. Stap in die berge, kamp onder die sterre. n motorfiets - en laat slaap is ook...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot