AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Hoër mielie- en sojapryse knou Astral se wins

akkreditasie
Astral gaan voort met planne om ’n nuwe broeihuis vir dagoudkuikens te bou, as deel van sy belofte om produksie uit te brei. Foto: Astral Foods
Astral gaan voort met planne om ’n nuwe broeihuis vir dagoudkuikens te bou, as deel van sy belofte om produksie uit te brei. Foto: Astral Foods
Dit het die geïntegreerde pluimveeprodusent Astral in sy jongste halfjaar 17% meer gekos om hoenders te voer, terwyl die maatskappy sy braaihoenders vir 3,1% meer kon verkoop.

Die maatskappy se bedryfswins het daarom in die ses maande tot einde Maart vanjaar met 37% geval. Die bedryfswins van sy pluimveeafdeling het met 78,6% gedaal.

Die groep se balansstaat is egter steeds sterk, met ’n netto kontantsurplus van R386 miljoen teen 31 Maart 2021 en die groep het ’n tussentydse dividend van 300c/aandeel verklaar.

Mnr. Chris Schutte, uitvoerende hoof, het met die bekendmaking van die maatskappy se halfjaarresultate gesê mieliepryse was in die halfjaar R700/t hoër as in die vergelykende tydperk en sojapryse R2 700/t.

Volgens mnr. Gary Arnold, besturende direkteur van Astral se landbou-afdeling, was geelmieliepryse laas ná 2016 só hoog toe die droogte klein oeste veroorsaak het. Nieteenstaande die huidige en vorige groot oeste druk internasionale pryse die plaaslike prys nou ook op. Groter vraag uit China en kommer oor droë toestande in Argentinië en Amerika het pryse op die Chicago-graanbeurs laat styg.

Schutte sê Astral het as’t ware kleinhandelaars en verbruikers vir meer as 12 maande ten opsigte van die groot styging in produksiemiddele gesubsideer, maar kan dit nie te lank bly doen nie.

“Ons moet ’n billike wins maak sodat ons in ons onderneming kan herbelê, moontlikhede vir meer werkgeleenthede kan skep en ons sake kan uitbrei volgens toekomstige vraag.

“Ons marges op pluimvee was van tyd tot tyd in negatiewe terrein. Dit is nie volhoubaar vir ’n voedselmaatskappy nie. Ons wil vir nog baie jare hier wees.”Schutte sê sover bekend is een hoenderprodusent vroeër vanjaar in sakeredding geplaas is en op lang termyn is dít nie goed vir die kleinhandelmark en die verbruiker nie.

Die maatskappy bestuur die koste wat hy kan beheer, so goed as moontlik. Met die pryse van voergrondstowwe neem hy ’n posisie in wat so kort as moontlik is. Dit is egter nou nodig om ’n verhoging in die prys van sy braaihoenderprodukte na te streef. “Ons sal harde onderhandelinge met ons kliënte voer vir ’n verhoging in pryse, sonder disrespek van ons verbruikers. Dit is bloot om ons insetkoste te verhaal.”

Schutte sê die uitwerking van hoër verkoopspryse op verbruikersvraag sal weekliks gemonitor moet word. “Dit is bietjie van ’n kunsvorm, dit is nie wetenskap nie.”

Uitbreiding

Astral gaan intussen voort met fase twee van die uitbreiding van sy produksievermoë by sy Festive-aanleg in Olifantsfontein, Gauteng. Die eerste fase het die uitbreiding van sy verwerkingsvermoë behels. Van die nuwe vermoë om 400 000 meer hoenders per week te verwerk, word 200 000 reeds gebruik.

Die tweede fase, wat sowat R170 miljoen uit die totale projekkoste van R900 miljoen beloop, is om onder meer ’n nuwe broeihuis te bou waar dagoudkuikens vir Astral se kontrakboere en eie plase geproduseer sal word.

Ná voltooiing sal Astral, na gelang van die vraag en aanbod in die mark, besluit wanneer ’n verdere 400 000 hoenders per week geslag sal word.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.54
+0.1%
Rand - Pond
21.57
-0.2%
Rand - Euro
18.48
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.92
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
See,Bosveld en Kamp
My geloof is vir my baie belangrik, is spontaan, het ñ goeie sin vir humor. Reik uit na mede gelowiges en minder bevoorregtes. Ek is ñ baie liefdevolle persoon.
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot