Agri Oos-Kaap het vroeër vandeesmaand ’n oorsigge- wende bevel van die hooggeregshof in Makhanda bekom in- gevolge waarvan die Chris Ha- ni-distriksmunisipaliteit dringende stappe moet doen om die vloei van onbehandelde riool in die Groot-Visrivier te keer.
Die rivierwater word vir besproeiing, veesuipings én huishoudelike gebruik aangewend. Agri Oos-Kaap-personeel het tydens ’n terreininspeksie bevestig dat riool op ses plekke in die rivier invloei. Vyf pompstasies en die watersuiweringsaanlegte is buite werking.
Die inspeksie volg nadat nóg die munisipaliteit nóg die departement van water en sanitasie ingestem het tot ’n dringende vergadering met Agri Oos-Kaap.