AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9498,8
-161,20
CORN
24 Mrt
-
4060
45,00
SOYA
24 Mrt
-
8135
-88,00
SUNS
24 Mrt
-
8630
-225,00
WEAT
24 Mrt
-
6430
65,00
WMAZ
24 Mrt
-
3842
55,00
YMAZ
24 Mrt
-
4029
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Hofstryd woed oor 'botter' op verpakking

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Só lyk die verpakking van Stork Butter Spread. Foto: Carien Kruger
Só lyk die verpakking van Stork Butter Spread. Foto: Carien Kruger
'n Hofstryd woed oor die manier waarop die woord “botter” op die verpakking van ’n nuwe smeer van Stork gebruik word.

Die manier waarop die woord “botter” op die verpakking van ’n nuwe smeer van Stork gebruik word, het pas in die hooggeregshof gedraai en is nou dalk ook op pad appèlhof toe.

Die hooggeregshof in Pretoria het Clover, wat aansoek gedoen het om ’n interdik teen Siqalo Foods, gelyk gegee dat Stork Butter Spread se etiket misleidend is.

Waarnemende regter Livhuwani Vuma het op 12 November ’n interdik toegestaan waarvolgens Siqalo Foods, wat volgens sy webtuiste ook handelsmerke soos Flora en Rama besit, die etiket binne sewe dae van produkte af moet verwyder en waar dit onmoontlik is, die produkte moet vernietig.

Mnr. Stephen Heath, woordvoerder van Siqalo Foods, het egter op 17 November aan Landbouweekblad gesê dat die maatskappy binne die volgende week ’n aansoek sou bring om verlof tot appèl en dat die produk dus vir eers wettig op winkelrakke bly.

Luidens die uitspraak het Siqalo Foods op 1 Maart vanjaar dié mediumvetproduk begin versprei en bemark. Dit bevat 38% botter en 62% plantolies en ander bestanddele. 

‘Verwarrend’

Vuma sê Stork mag nie onwettig met Clover meeding deur gemodifiseerde botterprodukte te bemark met ’n etiket waarin die woord “butter” die oorheersende eienskap is nie.

Volgens haar is die lettertipe van die woord “butter” baie groter as die “Stork” en “spread” en die klasbenaming “modified butter” en produkbeskrywing “medium fat modified butter spread with sunflower and palm oils” baie kleiner en feitlik onleesbaar.

“Selfs ek self was, met die eerste sien van die etiket, onder die indruk dat die produk in werklikheid botter of suiwer botter is en nie gemodifiseerde botter nie, wat dit eintlik is. Eenvoudig gestel, die etiket het my beide mislei en verwar.”

Dit is volgens Vuma in stryd met die Wet op Landbouprodukstandaarde (Wet 119 van 1990).

Vuma verwys na ander uitsprake waarin onder meer beslis is dat dit oor ’n verbruiker se eerste indruk gaan, al duur dié indruk net vir ’n kort oomblik. 

Handelsnaam

Sy verwys daarna dat geen woord of uitdrukking op ’n verpakking kragtens die wet groter mag wees as die klasbenaming nie, tensy dit ’n geregistreerde handelsmerk of -naam is.

Siqalo Foods het in sy aanvullende beantwoordende verklaring aangevoer dat hy besig is om die naam Stork Butter Spread as handelsnaam te registreer.

Luidens die hofstukke het Nejahmogul Technologies, die inspeksiediens vir die suiwelbedryf, die etiket gemagtig buiten vir die kwessie rakende lettergroottevereistes. Clover het egter aangevoer dat die hof nie hierdeur gebind word nie omdat die etiket nie aan wetgewing voldoen nie.

Clover het by navraag gesê dat hy nie in dié stadium wil kommentaar lewer nie. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.55
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.5%
Platinum
979.10
-0.6%
Palladium
1,421.38
-0.1%
Goud
1,976.74
-0.9%
Silwer
23.15
+0.2%
Brent-ruolie
75.91
-1.0%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Lag n bietjie en kom geniet die lewe!
Ek is n spontane mens wat weet wat ek in die lewe wil he, en hou van lag en avonture.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot