“Dis ’n nagmerrie! Groepe van gemiddeld ses mans plunder ons wild en vee met spanne van tot 20 honde wat alles voor die voet doodbyt,” sê mnr. Clint Howes, ’n boer van die Nzhele-omgewing.
Howes het op die onlangse vergadering van die Limpopo-veediefstalforum op Louis Trichardt gesê boere is moedeloos en voel boonop bedreig deur hierdie spanne stropers waarvan minstens een lid gewoonlik gewapen is. Hy voel boere kry nie die nodige steun van die polisie nie.
“Daar is vanjaar al 60 tot 70 bokke op hierdie manier in ons omgewing gesteel, tien beeste en miljoene rand se wild en daar is nog nie ’n enkele inhegtenisneming gedoen nie.