
Speirs het die graad MScAgric verwerf en is besig met doktorale studie. Sy is sedert 2009 in die landbou betrokke. Sy was voorheen hoof van die nywerheidsontwikkelingsone in Oos-Londen.
Sy het bestuursposte in die landbousektor in Suid-Afrika en Amerika, Japan en vir die Verenigde Nasies (VN) en Europese Unie in Italië beklee.
“Ek hoop dat my aanstelling jong mense en vroue sal aanspoor om loopbane in die landbou te oorweeg,” sê Speirs. “Hortgro verteenwoordig ’n baie belangrike deel van Suid-Afrikaanse uitvoer en het tegniese marktoegang, protokol en produkstandaarde van wêreldgehalte. Hortgro word wêreldwyd gerespekteer deur belanghebbendes in die tuinboubedryf. Dit is ’n voorreg om in die Hortgro-direksie te dien.”
Speirs is ’n ministeriële trustee vir die Rooivleisbedryfstrust van Suid-Afrika, ’n direkteur van AllJoy Foods, ondervoorsitter van die Internasionale Suikerorganisasie in Londen en ’n voormalige voorsitter van die VN-omgewingsprogram vir volhoubare voedselproduksie.