
Jong Australiese beesboere wend hulle na residensiële huislenings en ander alternatiewe befondsing omdat landboufinansiering in Australië net te moeilik is, luidens Theland.com.au.
“Ons het oorspronklik na groter eiendomme van ongeveer A$1 miljoen gekyk, maar dit was moeilik. Die finansiering het net nie gewerk nie,” sê me. Blythe Calnan. Sy en haar vennoot het besluit om eerder die grootste eiendom aan te skaf wat hulle kon met ’n residensiële huislening. “Dit het ons beter rentekoerse en ekwiteitskoerse gebied en ons het die oorblywende kontant gebruik om ons besigheid te ontwikkel.”
Die Queensland-regering bied ook ’n alternatief tot banklenings in die vorm van sy “First Start Loan” wat sedert 2009 al 439 boerderylenings goedgekeur het ter waarde van A$168 miljoen. Mnr. Phillip Crocker en sy vrou, Shannon, het een van dié lenings uitgeneem om hul eiendom te koop. “Met die "First Start Loan" kry ons ’n laer rentekoers as by ’n bank en hulle is baie meer buigsaam as ’n banklening,” sê hy.
Banke in Australië is huiwerig om boerderye te finansier weens die risiko’s wat ongunstige weersomstandighede en swak risikobestuur in onlangse jare meegebring het.
Lees hier meer: