AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

Huldeblyke stroom in vir dr. Michael Bradfield

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dr. Michael Bradfield
Dr. Michael Bradfield
Dr. Michael Bradfield (56) is verlede week oorlede.

Huldeblyke en loftuitinge stroom in van oor die wêreld heen ná die dood van dr. Michael Bradfield (56) verlede week. Hy het gesterf ná ’n lang stryd teen kanker.

Mnr. Mecki Schneider, voorsitter van die Lewendehawe-registrerende Federasie (LRF), waarvan Bradfield die uitvoerende hoof was, sê hy laat ’n groot leemte in die Suider-Afrikaanse lewendehawebedryf. Die boodskappe wat instroom, toon dat hy nie slegs plaaslik gerespekteer is nie, maar ook internasionaal. Een van sy grootste prestasies was die instelling van Breedplan in die streek, een van die wêreld se mees gevorderde stelsels van prestasietoetsing en genetiese evaluering.

Hy was as strateeg op talle vlakke betrokke, waaronder die gewilde Veeskool waar veeboere en ander betrokkenes aan deskundiges van oor die hele aarde blootgestel is, en die herstrukturering van die LRF. Bradfield was ook ’n stigterslid van die Vleisbees-genomikaprogram.

Mnr. Johan de Vos, voorsitter van die Wagyu-genootskap, waarvan Bradfield die uitvoerende hoof was, sê die rooivleisbedryf het ’n reus verloor, maar hy laat groot voetspore agter. Hy was ’n toegewyde wetenskaplike. Sy bydrae tot die genetiese verbetering van veral Suider-Afrikaanse beesrasse was monumentaal en sy gereelde artikels in landboupublikasies, lesings en konsultasies was gefundeer op seleksie op grond van meetbare teelwaardes. Sy kundigheid is wyd erken en hy het gereeld konsultasie in ander Afrika-lande en Suidoos-Asië gedoen en lesings reg oor die wêreld aangebied.

Mnr. Stephen Miller, direkteur van die dieregenetika-en-teeleenheid (Agbu), Universiteit van New England, Australië, sê nog voordat Bradfield sy doktorsgraad in beesteling ontvang het, was dit reeds duidelik dat hy nie ’n tipiese akademiese loopbaan sou volg nie, want hy het net aan veeteelt en boere gedink. Sy skaars karaktertrek was om met mense te werk, te kommunikeer en strategies te werk.

Mnr. Hugh Nivison, besturende direkteur van die landboubesigheids-navorsingsinstituut, Australië, sê Bradfield het nie sy gelyke gehad wat energie en geesdrif betref nie. Sedert hy tydens sy verblyf in Australië by Breedplan betrokke geraak het, was Bradfield vasbeslote dat Suider-Afrika se beesboere dieselfde voordeel van genetiese verbetering tot hul beskikking moes hê. Sy nalatenskap met die LRF, Veeskool, naspeurbaarheid en vleis se eetgehalte sal voortleef.

Prof. Cliff Lamb, hoof van die departement dierkunde, Texas A&M-universiteit, Amerika, sê Bradfield was ’n visionêr wat erken moet word as die mens wat vleisbeesproduksie in Suider-Afrika hervorm het. Hy was deeglik opgelei en ’n gerespekteerde kundige.

*Volgens De Vos vind 'n diens om Bradfield se lewe te vier op die 17de Januarie by die Irene Country Club plaas.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.04
+0.4%
Rand - Pond
22.26
+0.2%
Rand - Euro
19.62
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.2%
Rand - Jen
0.14
+0.1%
Platinum
977.84
+1.0%
Palladium
1,444.67
-0.3%
Goud
1,968.42
+0.2%
Silwer
23.73
+1.7%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,577
+1.0%
Alle aandele
77,208
+1.0%
Hulpbronne 10
68,173
+2.3%
Industriële 25
103,974
+0.6%
Finansiële 15
15,658
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy Sien is wat jy kry, niks Meer nie maar ook niks minder ni
Want Ek word nie maklik vergeet Nie, n goeie herhindering, Kom Kyk en vind uit .Ek is Nie die tiepe wat oordeel en Dan nog demands rond slinger Nie,
Kom ons kyk
Die lewe is nie gemaak om alleen deur te gaan. Be a rebel, eat the cake! Enjoy die klein dinge, smell the flowers!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot