AFGRI
BEAN
17 Aug
-
8938
0,00
CORN
17 Aug
-
4038
0,00
SOYA
17 Aug
-
8745
0,00
SUNS
17 Aug
-
10638
0,00
WEAT
17 Aug
-
7064
0,00
WMAZ
17 Aug
-
4261
0,00
YMAZ
17 Aug
-
4222
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
05 Aug
-
59,93
-0,33
Beeste AB2/3
05 Aug
-
58,21
0,44
Beeste B2/3
05 Aug
-
54,93
-0,26
Beeste C2/3
06 Aug
-
48,03
-0,31
Bevrore Hoender
05 Aug
-
30,82
0,06
Bokkies (onder 30 kg)
05 Aug
-
72,23
-9,16
Bokooie
05 Aug
-
49,53
-11,74
Groot (meer as 40 kg)
05 Aug
-
43,62
0,97
Hoender (IQF)
05 Aug
-
30,05
0,21
Medium (30-40kg)
05 Aug
-
56,68
-4,81
Pork Average
05 Aug
-
25,32
-0,66
Poultry Average
05 Aug
-
30,8
0,10
Skaap A2/3
05 Aug
-
100,5
-0,06
Skaap AB2/3
05 Aug
-
87,24
1,74
Skaap B2/3
05 Aug
-
81,95
0,36
Skaap C2/3
05 Aug
-
78,01
0,45
Speenkalf
05 Aug
-
36,96
0,46
Spekvarke
05 Aug
-
27,25
-0,23
Stoorlammers
05 Aug
-
47,91
0,66
Varkwors
05 Aug
-
21,7
0,04
Vars Hoender
05 Aug
-
31,55
0,05
Vleisvarke
05 Aug
-
25,18
-0,61

Hulp aan Zim-boere verwelkom

akkreditasie
'n Plaasnaambord in Zimbabwe. Foto: Sean Christie
'n Plaasnaambord in Zimbabwe. Foto: Sean Christie
Die aankondiging onlangs deur die regering van Zimbabwe dat boere wat sedert 2000 weens grondhervorming van hul plase ontneem is, vergoed gaan word, is die afgelope week wyd verwekom.

Pres. Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe het gesê bejaarde wit boere wat geldelik in die knyp is, sal eerste gehelp word uit die begrote bedrag van sowat $17,5 miljoen (R246 miljoen) wat vir vanjaar daarvoor opsy gesit is. Die oogmerk is glo om boere vir verbeteringe op die grond te vergoed en nie vir die grond self nie.

Die Farmers’ Federation in Zimbabwe, ’n oorkoepelende liggaam vir landbou-unies soortgelyk aan Asuf in Suid-Afrika, het namens alle boere in Zimbabwe die aankondiging verwelkom. 

Dr. Theo de Jager, voorsitter van die Wêreldboere-organisasie, wat ook ’n groot rol gespeel het met die stigting van die Farmers’ Federation, sê alle boere daar sukkel met toegang tot markte en sanksies teen Zimbabwe maak die landbou seer.

“Almal is dankbaar dat daar nou ’n proses aan die gang gesit is vir vergoeding, want dit kan buitelandse druk op die landbou-ekonomie in Zimbabwe verlig. Dit kan ’n belangrike eerste tree wees om beleggersvertroue te herstel en ook help dat die land weer lenings kan bekom om die ekonomie op dreef te kry.”

Hy sê die rede hoekom die aankondiging ook in Suid-Afrika opspraak verwek, is omdat almal die situasie rondom grondhervorming in Zimbabwe koppel aan Suid-Afrika se situasie.

“Ons het ’n voordeel wat Zimbabwe nie gehad het nie. Ons kan sien hoe onteiening sonder vergoeding die ekonomie in Zimbabwe vernietig het en ’n mens kan nie net ’n skakelaar aan of af sit om dit reg te stel nie. Dit is baie pynliker om dit reg te maak as om nooit te verbrou het nie.”

De Jager wys daarop dat as hierdie gebaar van die regering die begin is om beleggersvertroue te herstel, het die landbou in Zimabwe die potensiaal om op ’n tiekie te draai.

Die klimaat, grond en baie van die infrastruktuur is nog daar. Dié landboureus kan in ’n baie kort tydjie weer ontwaak as die beleidsomgewing reggestel is. Zimbabwe se regering besef geen ander sektor kan dié ekonomie vinniger en goedkoper regruk as die landbou nie.

Saai (die Suider-Afrika Agri Inisiatief), waarvan De Jager ook die voorsitter is, wil sowat 800 Suid-Afrikaanse boere wat plase in Zimbabwe verloor het, asook Zimbabwese boere wat na Suid-Afrika uitgewyk het, bystaan om vergoeding te ontvang.

Saai beoog om saam met Zimbabwe se kommersiële landbou-unie (CFU) en ’n regspan onder leiding van mnr. Willie Spies van Hurter Spies Ing. op Dinsdag 23 April in Pretoria die proses vorentoe te bespreek.

Spies is ook betrokke by ’n ander regsproses waarin kommersiële boere van Zimbabwe R1,9 miljard vergoeding van die Suid-Afrikaanse regering eis weens skade wat hulle gely het toe die SAOG-tribunaal in Windhoek ontbind is. ’n Eis daarvoor is verlede week in die Noord-Gautengse Hooggeregshof ingedien.

Dit volg nadat die Grondwethof in Desember in die guns van die groep van 25 Zimbabwiese boere beslis het dat oudpres. Jacob Zuma onregmatig en ongrondwetlik opgetree het toe hy saam met ander leiers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) meegedoen het aan die opskorting van die SAOG-tribunaal se werk en die ontbinding daarvan.

Dié handeling het volgens AfriForum, wat die boere bygestaan het, hulle ontneem van die reg om vergoeding te eis nadat dié tribunaal reeds bevind het dat die Zimbabwiese regering se onteie­ning van grond sonder vergoeding onwettig was.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op Whatsapp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.66
-1.6%
Rand - Pond
20.08
-1.2%
Rand - Euro
16.96
-1.7%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.3%
Rand - Jen
0.12
-1.0%
Goud
1,763.50
-0.7%
Silwer
19.81
-1.6%
Palladium
2,144.66
-0.7%
Platinum
928.75
-1.0%
Brent-ruolie
92.34
-3.0%
Top-40
64,168
-0.9%
Alle aandele
70,967
-0.8%
Hulpbronne 10
63,227
-3.4%
Industriële 25
87,430
+0.4%
Finansiële 15
16,160
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe geniet
Waardeur opregtheid en eerlikheid. Hou van fietsry, stap, natuur, kamp. Geniet netjiese tuin. Ek hou van mense wat intelegent gesels wat oop is vir redenasies, wat nie in...
Looking for my soulmate
I am a divorced lady, i am still looking for the one. I am a mommy of two furbabies, they are my life, they are my kids. I am very family orientated. I am not interested in...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot